Successfully reported
+17

The Secret Cottage

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brazilia Avenue, Monte Vista, 7460, Wes-Kaap
  • Vanaf R625 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Secret Cottage is in die stil buurt, Monte Vista, in Kaapstad en bied selfsorgverblyf aan 2 gaste of 'n klein gesin in 'n knus kothuis.

Die oopplan-kothuis het 'n koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word en 'n privaat badkamer met 'n stort en 'n toilet. Daar is 'n ekstra matras vir 'n kind of 'n kampeerkot is beskikbaar op versoek.

Die kombuisie is met 'n tweeplaatstoof en oond, 'n mikrogolf, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. 'n Tafel en stoele is beskikbaar as 'n eetarea of 'n werkspasie en die eenheid het 'n TV.

Daar is 'n speelarea vir kinders beskikbaar. Parkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig in die motorhuis en daar is oorgenoeg parkeerplek in die oprit of in die straat.

Die kothuis is aan die huis vas, maar het ‘n aparte ingang en is klankdig. Daar is 2 honde op die eiendom, maar hulle area is afgeskort van die kothuis.

The Secret Cottage is 4 km van Panorama Mediclinic, die N1 City Mall en Netcare N1 City, 8 km van Karl Bremer Hospitaal, Milnerton Mediclinic en die Canal Walk Winkelsentrum, en 11 km van Tygerberg Hospitaal en die Tygelvallei Winkelsentrum af.

Daar is kinders wat in die dag buite speel, maar vroeg in die aande binnegaan.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 63 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Jenny L
Saam met lewensmaat
5.0
Spacious, clean, safe with everything you may need. We had a very happy stay at the Secret Cottage. We felt safe and secure at all time...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Dominique G
5.0
Lovely, home away from home. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Gerhard S
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie waarde vir geld. Ons het ja. Kort net 'n buitelig by die voordeur. En net die stort se kraanknop vasmaak.
Sep 2025
Jozua D
Saam met lewensmaat
5.0
Dit het voldoen aan ons behoeftes. Was aangenaam om daar te bly.
Sep 2025
Burton F
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome. Awesome stay, nice quiet area. A pity about the TV that we couldn't watch anything except YouTube (the owner should work on th...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Oswald Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 63

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Brazilia Avenue, Monte Vista, 7460, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Secret Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 625
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 625
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 625
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brazilia Avenue, Monte Vista, 7460, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfe4a8d466ac045a7e5ead1ee341242bbc0e36e9e65e02432e9b5ea45cb4a26a2217c4c4e4a24f4b498af6794a80c94116f62?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R625 per nag, vir 2 mense 63 5 1 5 Brazilia Avenue Monte Vista 7460 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.87003 18.5585

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang