Successfully reported
+47

The Stellenbosch Hotel

  • Kapasiteit: 82 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coner of Dorp and Andringa Streets, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 033 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

The Stellenbosch Hotel spog met 'n puik ligging in die hartjie van die historiese dorpie Stellenbosch. Die hotel is gebou op grond wat toegeken is deur Goewerneur Simon van der Stel tussen 1692 en 1701. Die gebou is in 1987 gerestoureer en tot nasionale monument verklaar.

Ons het verskeie boetiek-hotelkamers en woonstelle. Elke woonstel het 'n ten volle toegeruste kombuisie, sitkamer en privaat balkon. Die kamers en die woonstelle is toegerus met lugversorging, 'n kluis en 'n TV met sekere kanale. Beperkte kelderparkeerplek is beskikbaar, maar parkeerplek in die straat met sekuriteit is ook beskikbaar.

Ontbyt word soggens in die hotel se restaurant, Stellenbosch Kitchen, bedien. Middagete en aandete kan ook hier genuttig word - die spyskaart spog met plaaslike en oorsese geregte. En ons het konferensie- en banketgeriewe vir 36 gaste.

Die museums, kunsgalerye en kuriowinkels is veilige loopafstand van die hotel af. Dit is veral ook 'n puik bestemming vir besoekers wat die Kaapse Wynlande, Tafelberg, die Waterfront en al die ander bekende besienswaardighede in die Wes-Kaap wil verken.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
24-uur-ontvangs
Lughawe-vervoer op versoek

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 51 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Marlene M
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies en skoon, gerieflik - ons hou van die ou gebou. Ontspanne, met alle geriewe wat nodig is.
Aug 2025
Marlene M
Saam met lewensmaat
5.0
Elke oomblik geniet. Ons maak weer so. Baie geniet, alle geriewe byderhand. Vriendelike diens, en mooi, netjiese kamer.
Aug 2025
Laetitia W
5.0
Ons was aangenaam verras en dit was 'n heerlike kuiertjie. Ons het heerlik gebly. Die eenheid was netjies, ruim en gesellig. Dominique het by aankoms ...
Sien meer
Sep 2024
Adele G
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie waarde vir geld. Ons het slegs een aand oornag, maar dit was baie lekker.
Sep 2024
Maresa H
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het baie lekker gebly! Wonderlike ervaring.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Gerda Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 63

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Coner of Dorp and Andringa Streets, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Stellenbosch Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 033
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 033
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 2 033
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 82 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coner of Dorp and Andringa Streets, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA56d1ebb26c42c348d4f918023d3bf8ae978ec560f5b95b2f54b696ab4523926e8080d8e1483eed60244b94b82fab900066c0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 033 per nag, vir 2 mense 51 5 1 5 Coner of Dorp and Andringa Streets Stellenbosch 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -33.938691488134 18.861229419708

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang