Successfully reported
+21

Villa in Three Anchor Bay

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8A Walter Road, Three Anchor Bay, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

The Villa in Three Anchor Bay is 'n luukse selfsorgvilla, wat sentraal in Kaapstad langs die Atlantiese kus geleë is. Dit beskik oor 'n privaat swembad en is in 'n rustige en veilige area wat beide vrede en maklike toegang tot nabygeleë besienswaardighede bied.

Hierdie ruim tweeslaapkamer-villa het slaapplek vir
4 gaste en beskik oor 'n privaat badkamer, lugversorging, slim-TV en 'n werksruimte in elke slaapkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n privaat werkstasie. Dit sluit ook 'n en suite-badkamer met 'n spabad, stort, wasbak en 'n toilet in. Die hoofslaapkamer lei na 'n privaat oopbinnehof met 'n swembad, skuifbare dek, pragtige tuin, onderdakeetarea, verstelbare afdak en 'n ingeboude braai. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, werkstasie en lei na 'n lieflike privaat binnehof. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kamer het ook 'n privaat kombuisie met 'n yskassie. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n gesellige kaggel, slim-TV met Netflix en 'n moderne kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, lugbraaier, eetgerei, breekware, ysmaker en koffiemasjien toegerus is. In 'n aparte opwaskamer is daar 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die eiland het stoele en lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n knus kaggel.

Die villa het bordspeletjies, 'n Xbox en gratis WiFi. Daar is ook gimnasiumtoerusting, soos 'n trapmeul. Die verblyf het 'n omsetter vir rugsteunkrag tydens kragonderbrekings, asook 'n alarmstelsel en sekuriteitskameras in die straat. Veilige motorhuisparkeerplek is beskikbaar.

Die Villa is net om die draai vanaf 'n verskeidenheid besienswaardighede en restaurante en stapafstand vanaf die bekende Seepunt-promenade, Groenpunt-stadion en -park. Binne 'n radius van 5 km is gewilde bestemmings, soos Clifton se strande, Kampsbaai, Tafelberg, Kloofstraat, die V&A Waterfront, Oranjezicht-mark en die lewendige Kaapstadse middestad. Daar is 'n My Citi-bushalte 'n paar meter weg wat maklike vervoer deur die stad bied.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Spa-bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai
Warmbad

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Tazme Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 8A Walter Road, Three Anchor Bay, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
  • Gaste dink Villa in Three Anchor Bay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 000
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 5 000
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8A Walter Road, Three Anchor Bay, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd22b0f97074ec54c348a66610d25fc6d0fb454cbb9bedd76d0bc77dadf0bf55c52f1f05652de1c0bea1a46e84ac5619d3f18?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 8A Walter Road Three Anchor Bay 8001 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -33.910307807281 18.399223294477

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang