The Zarafa
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 75 Doppio Lane, Shiloh Estate, Hazyview, 1241, Mpumalanga
- Vanaf R5 990 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Zarafa is die ideale toevlugsoord vir diegene wat die balans tussen gees, liggaam en siel soek in die gemak van moderne luuksheid met klassieke Thaise en Balinese afwerkings om elke hoek en draai. Kom geniet die warm Afrika-gasvryheid saam met wêreldgehalte-diens.
The Zarafa is in die privaat Shiloh Landgoed op die rand van die Sabievallei buite Hazyview versteek, en bied gaste die geleentheid om wild- en voëlspesies wat vry rond beweeg te sien.
Verblyf word in luukse villas gebied wat ideaal is vir paartjies wat op soek is na 'n romantiese wegbreek. Elke villa het lugversorging, 'n koninggrootte-bed, en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n kaggel, TV met sekere DStv-kanale, WiFi en 'n lieflike uitsig. Al die villas het ook hulle eie privaat swembaddens.
The Zarafa spog met 'n restaurant, kroeg en sitkamer. Die restaurant het 'n uitstekende, verhewe ligging met 'n asemrowende uitsig oor die Sabievallei en dis die perfekte plek vir 'n ontspanne middagete of 'n romantiese aandete vir 2. Daar is 'n versameling heerlike maaltye wat deur plaaslike gunstelinge en Asiatiese geure geïnspireer is. Gaste kan ook kies om in die privaatheid van hulle eie villa of onder die sterrehemel vir ete aan te sit.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Barrie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 75 Doppio Lane, Shiloh Estate, Hazyview, 1241, Mpumalanga
- Gaste dink The Zarafa het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 8 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 75 Doppio Lane, Shiloh Estate, Hazyview, 1241, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang