Successfully reported

Thorn Tree Bush Camping Sites

Kampeer/karavaan

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Lizette B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2025

Wonderlike ervaring! Wonderlike ervaring! Baie netjiese kampeerplek, elk met kraan, asblik, gerieflike braai en badkamer met warm water. Ons het dit vreeslik geniet om die voël- en dierelewe vanuit die kamp ook te kon dop hou. Self 'n witrenoster en familie boscarke het verbygekom!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elzabé
Thorn Tree Bush Camping Sites
Baie dankie vir hierdie wonderlike terugvoer! Ons is so bly om te hoor julle het julle tyd by Thorn Tree Bush Camp geniet – dis altyd spesiaal wanneer gaste ook die natuurlewe uit die kamp self beleef. Hoe ongelooflik om ’n witrenoster en ’n familie boscarke so naby te sien verbykom! Ons span werk hard om elke staanplek netjies, gerieflik en rustig te hou – en dit maak ons dag om te hoor dat julle dit waardeer het. Tot ons mekaar weer in die bos ontmoet, mag die herinneringe aan kampvure en voëlgesang nog lank by julle bly. Vriendelike groete, Die Thorn Tree Bush Camp-span

Marcel S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2025

Vreedsaam, stil en in die bos. Dit was een van die heerlikste kampplekke waar ons nog was. Die stilte in die bos is sielsverrykend. Die gasheer was uiters behulpsaam, vriendelik en gasvry. Die badkamergeriewe is skoon en netjies, asook die terrein. Ons het die waterstelsel (donkie) terdeë geniet en die water was altyd heerlik warm. Dankie vir die personeel wat dit so pligsgetrou gestook het. 10 uit 10 vir julle! Dankie dat julle ons gekontak het toe ons per ongeluk van ons kamptoerusting daar vergeet het en ons 'n reëling kon tref om dit weer te kan oplaai. Dis nou puik diens! Thorn Tree Bush sien ons definitief weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elzabé
Thorn Tree Bush Camping Sites
Baie dankie vir julle wonderlike terugvoer. Ons harte glimlag breed om te hoor dat julle tyd hier so sielsverrykend was. Die stilte van die bos en die knetter van die donkie se vuur is vir ons net so besonders, en ons span is altyd trots om daardie water heerlik warm te hou. Dankie dat julle ons waardering vir die personeel raakgesien het – ek sal verseker julle komplimente met hulle deel. Ons is bly ons kon help met die kamptoerusting – dis maar deel van ons "puik diens"-filosofie. Ons sien regtig daarna uit om julle weer by Thorn Tree Bush Camp te verwelkom vir nog ’n 10/10-ervaring! Vriendelike groete Rodney, Elzabé en die hele Thorn Tree-span

Anton V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2025

Ons het ons rustigheid gevind. Dit was 'n verstommende ervaring. Ons het die rustigheid en goeie diens baie geniet by Thorn Tree. Die toegekende badkamer was netjies en die donkies is stiptelik gestook vir warm water. Die kampplek was privaat en alhoewel ons geweet het van die ander gaste, was niemand op jou stoep of in jou sig nie. So hier en daar het ons ook diere gesien, bv. die Njala wat so ewe verby geloop het in die pad. 'n Paar mooi voëltjies ook, tipies van hierdie area. En in die nag kon ons jakkalse en hiëna's hoor. Ver in die agtergrond was daar een aand 'n redelike partytjie wat die wind aan gewaai het, maar dit was nie 'n probleem gewees nie. Verder was die kamp netjies en groot genoeg met opsies om die opslaan van meeste konfigurasies te hanteer. Ons het gekies om noord te kyk, wat ons opsies met die hooftent op die kampwa toegelaat het, maar die boom voor ons sou ons nie toelaat om die afdakkie ook te gebruik nie - maar die boom self het darem skaduwee gelewer en baie meer karakter as 'n seil. Bome was nie 'n probleem vir ons tent en sleepwa nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elzabé
Thorn Tree Bush Camping Sites
Baie dankie vir hierdie wonderlike en insiggewende terugvoer! Ons is verheug om te hoor dat julle die rustigheid, die privaatheid en die diens so geniet het – dis presies die soort ervaring wat ons vir elke gas hoop om te skep. Die donkies (die warmwater-eens, nie die vierpotiges nie ) word met liefde en toewyding gestook, so ons is bly hulle was stiptelik warm vir julle. Dis altyd ’n bonus as die Njala’s kom inloer en die voëltjies hul sangtalente wys – dis daardie klein oomblikke wat kamp in die bos so spesiaal maak. Dankie ook vir julle praktiese terugvoer oor die kampplek, opslaanrigtings en die boom met karakter – ons hou van daardie beskrywing! Dit help toekomstige gaste om hul opstelling beter te beplan, en gee vir ons ook waardevolle insig. Ons hoop om julle weer te sien by Thorn Tree – dalk met ’n sterrehemel, ’n warm vuur en nog ’n Njala of twee wat kom hallo sê. Bosgroete, Die Thorn Tree span

Candice F
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jul 2025

Amazing. Amazing stay at Thorn Tree. The owners and staff are friendly and always willing to help with anything.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elzabé
Thorn Tree Bush Camping Sites
Thank you so much for your kind words! We’re thrilled to hear that you had an amazing stay at Thorn Tree. It truly means the world to us and our team to know that the warmth and helpfulness we strive for made a difference during your visit. We hope to welcome you back again soon — whether it’s for another peaceful escape, a crackling fire under the stars, or just a warm “hello” from the team. Until next time, The Thorn Tree Bush Camp family

Tendani R
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jun 2025

Bush camping not far from the city. Very beautiful and clean campsites and facilities in general. Campsites are close to each other, but they still offer lots of privacy. Hot water and electricity make the campsites even more desirable.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elzabé
Thorn Tree Bush Camping Sites
Thank you for your lovely feedback! We're so glad you enjoyed the beauty and cleanliness of the camp—and that the balance between comfort and privacy hit the mark for you. We’ve designed our sites to keep that true bush feel while still offering a few creature comforts like hot water and electricity. Hope to see you back around the campfire soon!

David M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2025

A favourite. We love the place, and we have been back there a few times. This is a true bush experience. The hosts are extremely friendly and helpful. One of our ultimate favourites.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elzabé
Thorn Tree Bush Camping Sites
Thank you, David, so much for your kind words and continued support! It means the world to us that Thorn Tree has become one of your favourite spots. We're thrilled that the bush experience and our team have made you feel right at home. We look forward to welcoming you back again soon—there’s always a fire burning and a peaceful corner of the bush waiting for you. Thorn Tree Bush Camp Team

Nadia N
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Mrt 2025

Pleasant and relaxing. Lovely stay, friendly hosts and good facilities.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elzabé
Thorn Tree Bush Camping Sites
Hallo Nadia, Thank you for the great review; it is appreciated. Looking forward to your next adventure with us.

Christa D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Feb 2025

Lekker in die bos gekuier. Dit was heerlik by Thorntree Bush Camp. Personeel is vriendelik en behulpsaam. Dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Elzabé
Thorn Tree Bush Camping Sites
Baie dankie vir die mooi resensie, dit word opreg waardeer. Sien julle op julle volgende avontuur.

Lizell J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Feb 2025

Boskamp met alles wat jy nodig het. Heerlik gebly. Rustige oord.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elzabé
Thorn Tree Bush Camping Sites
Baie dankie vir die mooi resensie. Dit word opreg waardeer.

Terry-anne G
Kort verblyf Saam met vriende
4.6
Mrt 2025

Lovely, but reserve is over commercialised. The camp was lovely and everyone was exceptionally helpful. I felt the Dinokeng reserve and all the private gates and roads were very frustrating and not user-friendly.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Elzabé
Thorn Tree Bush Camping Sites
Dear Terry-Ann, Thank you for your wonderful review! We're thrilled to hear that you enjoyed your stay at Thorn Tree Bush Camp. The reserve aims to be a model for future conservation efforts, where both landowners and wildlife live in harmony, and the local community benefits through sustainable tourism. We also appreciate your feedback regarding the roads. Please know that we'll be sharing your comments with the DGR management team to improve the experience for future visitors. Thank you again for your support, and we hope to welcome you back soon! Warm regards, Thorn Tree Bush Camp Team

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Elzabé Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 92

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
R 500
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 500
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 56 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Laksman Street, Dinokeng Game Reserve, Pretoria, 0400, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb252605ce835e9158a4670aac54694dfdb87028f083996ca9eb01d40ac6ed454a79b80d8d3e246b7b2822e23d0cd6305ee66?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R500 per nag, vir 2 mense 23 5 1 5 Laksman Street Dinokeng Game Reserve 0400 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.373498968301 28.402662277222

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang