Successfully reported
+103

Thornbay Accommodation

  • Kapasiteit: 33 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 4, Coast Road 4, Doringbaai, 8151, Wes-Kaap
  • Vanaf R980 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Thornbay Accommodation bied verblyf in Doringbaai, 'n klein dorpie in die suide van Namakwaland aan die Weskus. Hiér kan jy kan ontspan in 'n rustige en vriendelike omgewing.

Ons het 8 volledig toegeruste selfsorgwoonstelle met fantastiese uitsigte oor die Doringbaai-hawe, -vuurtoring, die see en pragtige sonsondergange oor die Atlantiese Oseaan. Al die woonstelle front na die see en bied onbelemmerde uitsigte oor die oseaan wat net 'n paar treetjies van ons af is. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Elke woonstel het 'n volledig toegeruste kombuis- en sitarea asook 'n braai-area en 'n privaat ingang. Van die woonstelle is op die grondvloer en die res is op die eerste vloer. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Ander geriewe sluit 'n kuierkamer met 'n pooltafel en veerpyltjiebord in, asook 'n bibliotekie, trampolien en swembad.

Daar is 'n vissery waar jy seekos, kaggelhout en ys kan aanskaf. Daar is ook hengel- en duikgereedskap (beperkte voorraad). 'n Restaurant, kroeg en verskeie kitskosrestaurante is net 'n paar minute se stap van ons af indien jy nie lus is om kos te maak nie.

Kom ontdek ons deel van die wêreld hier in Doringbaai. Raak saans langs die koel Atlantiese Oseaan aan die slaap en gaan verken bedags die warmer binnelandse dorpies.

Dié omliggende areas noord en suid van Doringbaai bied baie om te sien en doen vir enige besoeker regdeur die jaar. Stap langs die afgeleë strande, geniet 4x4-roetes, walviskyk, visvang, Olifantsriviermond voëlreservaat, staproetes teen die hange by die see of in die berge, Namakwaland se blomme (laat winter en lente), 'n wêreldbekende vetplantkwekery, wynroetes wat in Doringbaai begin en vele meer.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 494 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Renske V
Saam met lewensmaat
5.0
More than happy. Fantastic. Beach front.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Hansie S
5.0
Lekker rustig en stil, teen die see. Verblyf was wonderlik, wooneenheid is groot gerieflik, skoon en teen die see, was regtig wonderlik.
Okt 2025
André P
Saam met lewensmaat
5.0
Sal weer kom. Baie aangename, skoon verblyf.
Sep 2025
Cecilia Johanna T
Saam met vriende
5.0
Doringbaai het kom neskop in my hart, Thornbay akkommodasie sien my weer! Ons het baie lekker gebly in die Whale Cottage. Die plek was baie netjies en...
Sien meer
Sep 2025
Antoinette B
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en stil. Baie lekker gebly, pragtige uitsig.
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Michele Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 494

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Kusweg 4, Coast Road 4, Doringbaai, 8151, Wes-Kaap
  • Gaste dink Thornbay Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 980
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 980
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 980
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 33 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 4, Coast Road 4, Doringbaai, 8151, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ4Y2RlZjY0LTVmZjgtNDkwMS1hNTljLWYxZTQwY2E4YjAwZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R980 per nag (plek vir 2) 494 5 1 5 Kusweg 4 Coast Road 4 8151 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -31.814458139521 18.236580491066
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang