Tiervlei Farm Accommodation
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Tiervlei Farm, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Tiervlei Farm Accommodation is naby Carnarvon in die Noord-Kaap geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin wat wil wegbreek van die gejaag van die stad. Geniet die helder, sterre naghemel en stilte van die plaaslewe. Carnarvon is ongeveer 38 kilometer van die plaas af.
Die huis beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Linne en handdoeke word voorsien. Die huis het 'n badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Buite is daar nog 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. ’n Donkie-geiser verskaf warm water en gaste moet dit self verhit.
Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof en oond, 'n yskas, koffie- en teemaakgeriewe en komplimentêre beskuit, breekware en eetgerei.
Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n knus kaggel vir die kouer winteraande.
Die patio bied braaigeriewe en buitemeubels waar gaste 'n saamkuier kan geniet.
Die plaas gebruik sonkrag so gaste word versoek om bedag te wees op verbruik.
Gaste kan hul bergfietse pak en 'n veilige, sorgvrye Karoo-vakansie kom geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Anja Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 38
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Tiervlei Farm, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
- Gaste dink Tiervlei Farm Accommodation het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Tiervlei Farm, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang