Successfully reported
+16

Tiervlei Farm Accommodation

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Tiervlei Farm, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Tiervlei Farm Accommodation is naby Carnarvon in die Noord-Kaap geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin wat wil wegbreek van die gejaag van die stad. Geniet die helder, sterre naghemel en stilte van die plaaslewe. Carnarvon is ongeveer 38 kilometer van die plaas af.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Linne en handdoeke word voorsien. Die huis het 'n badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Buite is daar nog 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. ’n Donkie-geiser verskaf warm water en gaste moet dit self verhit.

Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof en oond, 'n yskas, koffie- en teemaakgeriewe en komplimentêre beskuit, breekware en eetgerei.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n knus kaggel vir die kouer winteraande.

Die patio bied braaigeriewe en buitemeubels waar gaste 'n saamkuier kan geniet.

Die plaas gebruik sonkrag so gaste word versoek om bedag te wees op verbruik.

Gaste kan hul bergfietse pak en 'n veilige, sorgvrye Karoo-vakansie kom geniet.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Edie V
Saam met lewensmaat
5.0
Tiepiese Karoo gasvryheid. Heerlik, sal dit weer doen. Uitstekende gasvrou, skoon huis, goed toegerus.
Sep 2025
Dion B
Gesin met tieners
5.0
We will be back. Clean. Spacious. Had all the necessities we needed. Amazing stars. Amazing walks. Wonderful hosts.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025
Hilletje N
Gesin met klein kinders
5.0
Stilte en sterre! Ons het die Karoo stilte en sterre vreeslik geniet. Ons siele kon beslis herlaai. Niks fancy nie, bare basics, maar het niks meer no...
Sien meer
Des 2024
Jesica D
Gesin met klein kinders
5.0
Amazing mooi - Karoo op sy beste. Ongelooflik mooi! Anja is 'n uitstekende gasvrou! Rustig stil - plek vir die siel!
Des 2024
Ray S
Saam met lewensmaat
5.0
This is your dream place if you like quiet, farmhouses, and wide open spaces. Tiervlei Farm Accommodation is an absolute gem! If you li...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Anja Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 38

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Tiervlei Farm, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
  • Gaste dink Tiervlei Farm Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Tiervlei Farm, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUwMzZjOTI2LTkwZWQtNDk1OS05M2JlLWExMzU5MDlmMmFjZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 6 mense 5 5 1 5 Tiervlei Farm Carnarvon 8925 Noord-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 12:00 -31.245241593509 21.923475265503
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang