Successfully reported
+15

Topanga 58

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 70 Colin Street, 58 Topanga, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Topanga 58 is 'n moderne woonstel in 'n veilige kompleks stapafstand vanaf Uvongo se strand. Dit is die ideale plek vir 'n heerlike wegbreek by die see en strandmeer.

Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers, een met 'n dubbelbed en een met 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer in die hoofslaapkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet, en die tweede badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak.

Die oopplankombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster en 'n ketel toegerus en het 'n toonbank met 4 stoele. Daar is ook 'n wasmasjien en tuimeldroër in die kombuis. Die leefarea lei na 'n balkon met 'n uitsig oor die swembad en die see.

Die Topanga-kompleks is in die vorm van 'n perdeskoen rondom 2 swembaddens gebou. Gaste kan by die swembad en gemeenskaplike braai-area ontspan. Parkeerplek vir 1 voertuig is op die perseel onder 'n afdak beskikbaar. Daar is ook ekstra parkeerplekke vir sleepwaens.

Die kompleks is naby supermarkte, restaurante, wasserye en ander winkels geleë. Dit is ryafstand vanaf verskeie gholfklubs soos Margate Gholfklub en San Lameer Buiteklub.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Thabisa M
Gesin met klein kinders
5.0
Superb. The place is clean, safe and very lovely.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Monica S
Saam met vriende
5.0
Baie geniet. Plekkie is ongelooflik mooi en toegerus met alles wat nodig is.
Mei 2025
Daleen B
Gesin met klein kinders
5.0
Blissful. Heerlike rustige atmosfeer.
Jun 2024
Heidi S
Gesin met tieners
4.8
Goeie ligging. Lekker gebly. Sommer sal dit bietjie warm wees - Baie son in die oggend! DStv sal ook lekker wees. Baie netjies en skoon!
Mrt 2024
Steven R
Gesin met klein kinders
4.4
Pleasant relaxing. It was very nice. A security door at the front, aircon and WiFi would be nice though.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Julia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 70 Colin Street, 58 Topanga, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Topanga 58 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 70 Colin Street, 58 Topanga, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb04d7de8903ec5ec648ca86487c01c81f4f8c168ea6bb3c45cabbe56de7bd725f82c29dc83d6fec9696842b448b34e767257?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 4) 26 5 1 5 70 Colin Street 58 Topanga 4270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -30.832395498677 30.396192106827

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang