Successfully reported
+20

Tranquility

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 55 Essenhout Avenue, Hartenbos Heuwels, Mossel Bay, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R970 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Tranquility is 'n selfsorgwoonstel wat apart op die eienaars se eiendom in die dorpie Hartenbos geleë is. Hartenbos spog met verskeie Blouvlagstrande, 'n strandfrontwaterpark, fantastiese ontspanningsaktiwiteite en geleenthede vir walvis-, dolfyn- en robbekyk, en bied die perfekte somer-toevlugsoord.

Dié tweeslaapkamerwoonstel het slaapplek vir 4 gaste en het 'n privaat ingang. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens. Die kamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, mikrogolfoond, ketel en broodrooster. Die leefarea beskik oor 'n slaapbank, 'n sitkamerstel, TV met DStv en dit maak oop op die balkon waar gaste 'n braai-area en 'n piekniektafel sal vind. Die eenheid bied 'n gasgeiser, gratis WiFi en veilige parkeerplek.

Gaste kan 'n wye verskeidenheid doendinge soos swem, hengel, walviskyk, bootvaart, seilvaart, kanovaart, skubaduik, haaihokduik, 4x4-roetes, perdry en voetslaan in die Tuinroete-area geniet.

Kamer-opset

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Danie G
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Baie lekker gebly, goed ingerig.
Okt 2025
Abuhurairah A
Saam met lewensmaat
5.0
Great stay. Everything that was needed was readily available. The place is clean and the view is great. Will definitely use again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Vincent V
Saam met lewensmaat
5.0
Saligheid, net 'n klipgooi weg van baie aktiwiteite. Ons is hartlik ontvang en tuis laat voel deur Anton. Hy was 'n uitstekende gasheer en het ons hon...
Sien meer
Mei 2025
Frik E
Saam met vriende
5.0
Lekker. Beste waarde vir geld. Baie luuks en alles is daar wat jy wil hê.
Apr 2025
Annecke A
Saam met lewensmaat
5.0
Tuis. Dit was lekker om na 'n dag uit terug na 'n netjiese plek wat tuis voel. Ons was ook dankbaar dat ons hondjie veilig daar kon wees. Dankie, Anto...
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Anton Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 55 Essenhout Avenue, Hartenbos Heuwels, Mossel Bay, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tranquility het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 970
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 970
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 970
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 55 Essenhout Avenue, Hartenbos Heuwels, Mossel Bay, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7141b0cb344e5dee0963b550bed149429d61451afb302893e30fc83873c9e8dd88ac17dcf9b949c389c81218b5b660b531e3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R970 per nag (plek vir 4) 40 5 1 5 55 Essenhout Avenue Hartenbos Heuwels 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.123150264255 22.098345609757

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang