Treks, Trips & Trails
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot 17, Bergvlei Farm, Champagne Valley, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Treks, Trips & Trails bied selfsorgverblyf in 2 chalets wat elk uniek versier is. Die chalets bied 'n uitsig oor die Bell Park-dam en het die Sentrale Drakensberge se Cathkin- en Champagne-bergpieke as agtergrond.
Bahati is 'n luukse, verhewe hout-lodge met 'n boom met 'n glas omhulsel wat deur die en suite-slaapkamer groei. Hierdie slaapkamer het 'n ekstra lang dubbelbed, 'n spa-bad en 'n stort. Dit lei na 'n oopplan-sitarea met 'n kaggel en 'n kombuis wat ten volle toegerus is. Die kombuis het glasskuifdeure wat toegang bied tot 'n vollengte dek met 'n pragtige uitsig en 'n gasbraai. Die onderste en suite-slaapkamer het 2 enkelbeddens, 'n sitarea en 'n groot instapstort wat op die Drakensberg uitkyk. Daar is ook 'n groot, oop braai, 'n vuurput en 'n pragtige rotsswembad net 'n paar treë ver.
Bergvlei Cottage is 'n baie gerieflike chalet met slaapplek vir 6 gaste. Die kothuis het 'n Harvey-teëldak en 'n oopplan-sitarea en -eetarea met 'n kaggel wat na 'n dek met 'n buitebraai-area lei. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en ander klein toebehore toegerus. Die onderste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n bad en 'n handstort. Die mezzanine-slaapkamer het 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n hoekie wat na die berg front. Dié kamer gebruik die onderste badkamer wat slegs 'n stort het. Aangesien Bergvlei redelik naby die hoofhuis is, bied dit verskerpte sekuriteit in 'n pragtige omgewing. Bergvlei is ook 'n paar meter van die rotsswembad met 2 watervalletjies af.
Bahati en Bergvlei het elektriese komberse en kaggels om die koue in die winter af te weer. Die dekke en buitebraai-areas is weer die ideale plek om in die warmer maande te kuier. Albei eenhede het onderdakparkeerplek. Die area is malariavry en bied 'n asemrowende uitsig en uitstekende gasvryheid.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Chris Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 45
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Plot 17, Bergvlei Farm, Champagne Valley, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Treks, Trips & Trails het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot 17, Bergvlei Farm, Champagne Valley, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang