Successfully reported
+24

Tshahitsi Lodge

  • Kapasiteit: 46 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Boswewer Way, Upington, 8800, Noord-Kaap
  • Vanaf R2 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Soos wat jy Upington binnery van Johannesburg/Olifantshoek se kant af is Tshahitsi Lodge jou eerste afpakplek vir rus, kos en die nuutste reis-inligting. Ons stel Tshahitsi Lodge as bekostigbare verblyf vir al ons kliënte voor.

Tshahitsi bied volledig toegeruste eenhede met 'n sjiek-industriële tema. Elke selfsorg-eenheid het lugversorging, sekere DStv-kanale en 'n kombuis.

Daar is 1 rolstoelvriendelike kamer in die lodge. Die chalet het 'n oprit van die parkeerarea af. Daar is oorgenoeg ruimte in die kamer, 'n kas en 'n lessenaar. Die badkamer is baie ruim wat dit maklik maak om rond te beweeg. Daar is 'n oopplan-stort met 'n verstelbare handstort, asook 'n stortstoel vir jou gerief. Al die krane is ontwerp om maklik te hanteer. Die kombuis is ook rolstoelvriendelik en daar is 'n sementpaadjie na die Silver Spoon Bistro met 'n oprit.

Tshahitsi bied heelwat geriewe, soos braaipakke, tuisgemaakte sosaties, ys, kameeldoringhout, poskaarte, gebottelde water, 'n karwassery, wasgoeddiens, oornag grootmaat-vriesgeriewe, braaigeriewe vir groepe, 'n swembad, reuse skaakstel en 24-uur sekuriteit.

Hierdie eenstop-Lodge is ideaal geleë: dit grens aan die Bi-Lo Supermark en Silver Spoon Bistro. Daar is 'n Engen-vulstasie net 'n entjie met die pad af.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 128 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Tanya J
Gesin met tieners
5.0
Lekker netjies rustige oornag plek, sal weer besoek. Ontbyt was fantasties! Lieflike plek vir oornag, baie skoon en netjies.
Aug 2025
Gerda E
Saam met vriende
5.0
Wonderlik! Ons het vreeslik lekker gebly in Tshahitsi, maar die restaurant daar naby was teleurstellend. Die kelners is glad nie opgelei nie. Nadat al...
Sien meer
Jul 2025
Talita L
Saam met vriende
5.0
Ongelooflik lekker. Baie dankie, verblyf was heerlik soos altyd.
Jul 2025
Billy L
Gesin met tieners
5.0
Lekker gerus! Great ligging en absolute vriendelike personeel.
Jul 2025
Anita B
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekende verblyf. Baie netjies, skoon en ruim. Pragtige natuur en uitstekende ontbyt. Kan hoog aanbeveel vir gesinne met kinders. Rustige atmosfeer...
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Mano Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 741

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 3 Boswewer Way, Upington, 8800, Noord-Kaap
  • Gaste dink Tshahitsi Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 2 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 46 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Boswewer Way, Upington, 8800, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgwODlhYTlkLWUyNGMtNDFiMS1iMmZlLWIyZjZjNzlkNjM2Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag, vir 2 mense 128 5 1 5 3 Boswewer Way Upington 8800 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -28.437516 21.28183

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang