Successfully reported
+32

Tumble-in

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 23 Rocherpan Street, Kersbosstrand, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Tumble-in is 'n lieflike selfsorgkothuis met 2 slaapkamers 150 km noord van Kaapstad langs die Weskus in Kersbosstrand, Dwarskersbos. Die stoep en sitkamer bied 'n pragtige see-uitsig. Dis 75 m van die ongerepte strand af waar gaste enige tyd van die dag kan gaan stap of tydens laagwater kan fietsry.

Die eerste slaapkamer het lugversorging en 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 'n dubbelbed. Albei beddens het elektriese komberse vanaf Junie tot die einde van die winter. Die badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Warm water is tydens beurtkrag beskikbaar. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Gaste moet net hul eie swemhanddoeke bring.

Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, konveksie-mikrogolf en 'n vierplaatgasstoof. Eetgerei, breekware, potte, panne, asook 'n ketel, broodrooster en 'n elektriese klitser is beskikbaar. 'n Strykyster en -plank, vadoeke, opwaslappe en -seep word ook voorsien.

Die oopplan-leefarea het 'n eetkamerstel vir 4 gaste. Daar is gratis WiFi, DStv en goeie selfoonsein.

Rook is verbode in die kothuis. Gaste mag wel buite rook. Die groot onderdakstoep het 'n tafel, sitplek en ingeboude braai. 'n Braairooster en braaitoerusting word voorsien.

Veilige parkeerplek vir 2 voertuie is op die perseel beskikbaar.

Dwarskersbos het 2 koffiewinkels waar kos en wyn te koop is, 'n paar restaurante, 'n haarsalon, dekorwinkel, wassery en skoonheidsalon. Daar is ook 'n supermark in Laaiplek en 'n winkelsentrum in Vredenburg.

Voëlkyk-entoesiaste kan 10 minute se stap agter die stuur aflê na die Bergriviervlei in Velddrif waar pelikane, flaminke, bloukraanvoëls, reiers, die bedreigde swarttobie en Europese byevreters aangetref word. Daar is ook voëlskuilings in die Rocherpan Natuurreservaat, sowat 10 minute se ry in Elandsbaai se rigting.

4x4-roetes is in die omgewing beskikbaar en bergfietsryers kan die grondpaaie verken.

Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Marlene B
Saam met lewensmaat
5.0
Perfect, will definitely visit again. Perfect, lovely place - nicely furnished with everything needed. Clean and safe. Friendly welcome...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Cariné D
5.0
Netjies en baie gerieflik! Ek en my ouers was baie tevrede met die netheid en ligging van ons blyplek. Ons het lekker ontspan en sal definitief weer d...
Sien meer
Okt 2025
Rialene E
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en gasvry. Ons verblyf by Tumble Inn in Dwarskersbos was werklik besonders. Die plek is netjies, gemaklik en goed toegerus, perfek vir ’n rusti...
Sien meer
Sep 2025
Lita F
Saam met lewensmaat
5.0
Te gou verby. Wou langer bly. Baie lekker gebly, persoonlike aandag en groot gerief. Uitsig wonderlik en dekor paslik en oulik. Klein dingetjies wat k...
Sien meer
Sep 2025
Martin S
Saam met lewensmaat
5.0
A comfortable and convenient stay for a West Coast visit. We had a friendly welcome from Sallie on our arrival. The place was easy to f...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Sallie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 61

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 23 Rocherpan Street, Kersbosstrand, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tumble-in het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 400
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 1 400
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 23 Rocherpan Street, Kersbosstrand, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAhAL1FV9BKMWBnGM2D7t1f7d9x2hd0ZPcBUh657UYIW4N6fXSM2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 4 mense 34 5 1 5 23 Rocherpan Street Kersbosstrand 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -32.681419650405 18.245645993532
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang