Twilight Cottage
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 12 Ferdinand Street, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R1 400 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Twilight Cottage is ideaal vir 'n wegbreek ver van die gedruis van die stad af. Die kothuis is op die randjie van Plettenbergbaai en bied perfekte akkommodasie. Dit is naby genoeg aan al die doendinge in Plettenbergbaai, maar ver genoeg sodat jy die rus en vrede kan hê waarna jy op soek is.
Die kothuis is oopplan, het plek vir 6 gaste en is toegerus met 1 koninggrootte-bed, 2 enkelbeddens, 'n badkamer en 'n kombuisie. Al die nodige linne en badhanddoeke en sekere toiletware word voorsien. Die ruim badkamer is toegerus met 'n vrystaande bad en 'n aparte stort, en daar is ook 'n buitestort. Die aparte kombuisie is volledig toegerus en het 'n tweeplaatstoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster en 'n mikrogolf. Verder is daar ook 'n plasma-TV met volledige DStv, gratis koordlose internettoegang en koffie- en teemaakgeriewe. 'n Addisionele aparte slaapkamer met 'n dubbelbed is beskikbaar indien daar 6 gaste is.
Die kothuis bied toegang tot 'n dek met braaigeriewe en 'n tuin waarin jou kinders kan speel. Veilige parkeerplek van die straat af is beskikbaar vir 'n motor en 'n sleepwa.
Doendinge in die omgewing sluit die volgende in: Blouvlagstrande, walviskyk, waterponiery, swem saam met robbe, staproetes, vierwielmotorfietsritte, perdry en meer!
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Kathi Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 65
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- 12 Ferdinand Street, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Twilight Cottage het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 12 Ferdinand Street, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang