Ubizane Zululand Tree Lodge
- Kapasiteit: 36 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1020 Main Street, Ubizane Wildlife Reserve, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 830 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Ubizane Zululand Tree Lodge bied 'n unieke ervaring waar gaste in boomhuise in die Ubizane Wildreservaat in Hluhluwe kan bly. Dit is die perfekte opsie vir 'n romantiese wegbreek of 'n rustige wegbreek saam met die gesin, ver van die stad se gewoel.
Verblyf is beskikbaar in 10 Standaard-boomhuise met slaapplek vir 2 of 4 Gesin-boomhuise wat elk 4 gaste kan akkommodeer. Hierdie boomhuise het lugversorging en elkeen het 'n koninggrootte-bed met 'n muskietnet. Elke boomhuis het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.
Vars wit linne en badhanddoeke word voorsien. Dié eenheid het ook 'n yskassie en 'n tee- en koffieskinkbord. WiFi en 'n haardroër is by ontvangs beskikbaar. Buite elke boomhuis is 'n privaat houtdek met sitplek waar gaste 'n oggendkoffie kan geniet.
Al die boomhuise het 'n perfekte uitsig oor die koorsboomwoud, 'n restaurant en 'n watergat waar die wild kom drink. Die restaurant op die perseel is oop vir ontbyt en aandetes met 'n kroegarea, en gaste kan op die groot rusbanke ontspan en na die krokodille onder die dek kyk terwyl hulle eet.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Lise-Mari Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 12
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 1020 Main Street, Ubizane Wildlife Reserve, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ubizane Zululand Tree Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 36 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1020 Main Street, Ubizane Wildlife Reserve, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang