Successfully reported
+12

Uitershoek Guest House

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitershoek Farm, Leeu Gamka, 6950, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 550 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Uitershoek Guest House is 'n selfsorg-plaashuis in die Sentrale Karoo en dis net 3 km vanaf die N1. Dit is ook sowat 50 km noord van die bekende toeristedorpie Prins Albert af. Die alleenstaande huis is afgesonder van enige bure.

Dié tweeslaapkamerhuis bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is een badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n kaggel op die stoep buite die huis en die stoep het 'n oprit vanaf die motorhuisarea.

Die oopplan-kombuis is met 'n tweeplaatstoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en ketel toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek vir wanneer dit reën en daar is 'n TV met sekere DStv-kanale. Gaste kan ook hul eie dekodeerder en slimkaart saambring vir ekstra kanale. Gaste wat hou van braai sal dit kan doen in die plaasstyl-onderdakvuurput.

Gaste kan ook die plaas ten volle benut deur te gaan stap of ry in die Karooveld tussen die groentelanderye. Die Swartbergpas naby Prins Albert is net 60 km van Uitershoek Plaas af. Dié deel van Karoo is 'n bekende tuiste vir koedoes en springbokke en, indien gaste gelukkig is, kan gaste dalk ook 'n ystervark, duiker of steenbok gewaar.

Let asseblief dat daar grondpaaie na die verblyf lei.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 56 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Zanie M
Gesin met tieners
5.0
Ons is vriendelik ontvang en die huisie het alles gehad wat ons nodig het. Uitershoek is vir seker 'n plek wat aanbeveel kan word.
Okt 2025
Rye S
5.0
Will definitely recommend this for an overnight stay. Was a very nice and pleasant overnight stay, had all the amenities I required, an...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Lynnette B
Besigheidsreis
5.0
Hidden gem in the Karoo. Pragtige plekkie. Hoop om terug te kom en meer as 1 aand te bly. Dis goed ingerig. Skoon. Aangename gasvrou. Daar is DStv.
Feb 2025
Liam D
Saam met vriende
5.0
Gemaklik en rustig. Baie vriendelik, baie netjies en 'n lekker kuierplek, kan nie wag om weer te gaan nie.
Des 2024
Fred L
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Dit was werklik 'n wonderlike belewenis saam met Mari!
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Mari Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 56

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Uitershoek Farm, Leeu Gamka, 6950, Wes-Kaap
  • Gaste dink Uitershoek Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 550
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 550
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 1 550
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitershoek Farm, Leeu Gamka, 6950, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAab3290e0807ecd6179caf335828196f04ac55314481eb6db456a6797b127d99e2467d726357729179d592c318e5b204542ac?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 550 per nag, vir 4 mense 56 5 1 5 Uitershoek Farm Leeu Gamka 6950 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.838022301515 21.972650885582
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang