Uitwyk Umdloti Beach House
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5 North Beach Road, Umdloti, 4330, KwaZulu-Natal
- Vanaf R4 250 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Uitwyk Umdloti Beach House is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Umdloti. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesin of 'n groep vriende wat 'n wegbreek aan die Dolfynkus soek, aangesien gaste die ritmiese klanke van die branders en die sout seebriesie sal kan geniet.
Hierdie eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 8 volwassenes en 'n baba, want dit beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n dubbelslaapbank. Dié kamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is 'n bababed beskikbaar in die vierde slaapkamer. 'n Bad en stort is beskikbaar in die tweede badkamer.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, lugbraaier, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vanuit hierdie kombuis lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Langs hierdie sitkamer is 'n eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet.
Deur die skuifdeure is 'n sonnige patio met 'n sithoekie, 'n buite-eettafel en braaigeriewe wat die perfekte plek is vir gaste om 'n tydjie saam te geniet terwyl hulle die see-uitsigte bewonder.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Gerhard Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 5 North Beach Road, Umdloti, 4330, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Uitwyk Umdloti Beach House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5 North Beach Road, Umdloti, 4330, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang