Ukutula Resort
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the R540, Farm Ukutula, 22 km from Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Vanaf R700 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Ukutula Resort, geleë in die gewilde Dullstroom, bied gaste 'n wegbreek van die stad se gewoel, want dit is 11 km buite Dullstroom, net langs die R540.
Off the grid naweek wegbreek by Ukutula skuil 11 km buite Dullstroom dorp. Volledige wegbreek van die stadslewe. Geen TV, geen internet - pure ontspanning. Visvang in enige een van ons basdamme, of natuurwandelings. Slegs SUV en Bakkie terrein (voertuigvryhoogte van ten minste 180mm of meer), geen standaard motorvoertuie nie.
Dié oord bied gaste 'n keuse van óf 'n eenslaapkamer-eenheid met 'n kapasiteit van 2 gaste óf 3 tweeslaapkamer-eenhede wat elk 4 gaste op 'n slag kan akkommodeer. Al die slaapkamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed en elke badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die hoofleefarea van die eenhede beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n gasstoof en oond, yskassie, eetgerei en breekware asook 'n etenstafel. Boonop is daar 'n gasgeiser in die eenheid. Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n knus kaggel. Buite elke eenheid is 'n lieflike patio wat oor die plaasdam en dennebome uitkyk.
Hierdie oord bied gaste die kans om heeltemal te ontspan sonder tegnologie. Andersins kan gaste visvang in die basdam of vir pragtige natuurwandelings gaan. Dullstroom het plaaslike eetplekke, ambagslui en ambagsmanne wat 'n verskeidenheid doendinge bied vir avontuursoekers, besoekers wat op soek is na 'n bietjie vrede en mooiheid, asook reisigers wat 'n pitstop maak terwyl hulle op pad is na die Laeveld en die Krugerwildtuin.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Yolande Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 45
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Off the R540, Farm Ukutula, 22 km from Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Gaste dink Ukutula Resort het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the R540, Farm Ukutula, 22 km from Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang