Umdloti Sunrise View
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 39 Bellamont Road, Umdloti Beach, 4319, KwaZulu-Natal
- Vanaf R5 700 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Umdloti Sunrise View is in Umdloti, 'n klein oorddorpie aan KwaZulu-Natal se Noordkus, geleë. Dit is die ideale plek vir gaste wat op soek is na 'n seewegbreek.
Dié huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die oorblywende slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gastebadkamer het 'n bad en 'n stort.
Die leefarea beskik oor 'n etenstafel met stoele en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv en Netflix. Die kombuis is met 'n dubbeldeur-yskas-vrieskas, gasstoof, oond en 'n mikrogolfoond toegerus.
Gaste kan 'n groot, privaat swembad, tuin, trampolien, braai-area met 'n see-uitsig en vuurmaakplek geniet. Veilige parkeerplek en gratis WiFi is ook beskikbaar. Die verblyf is naby die strand, restaurante en 'n verskeidenheid besienswaardighede. 'n Groot getypoel en plek vir branderplankry maak hierdie die ideale somerwegbreek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 39 Bellamont Road, Umdloti Beach, 4319, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 39 Bellamont Road, Umdloti Beach, 4319, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang