FamilyQuest Accommodation
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vintage Drive, Greenway Woods Estate, White River, 1240, Mpumalanga
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
FamilyQuest Accommodation is in die veilige Greenway Woods Landgoed in Witrivier geleë. Gaste het toegang tot al die landgoed se geriewe en besienswaardighede.
Selfsorg-eenheid 43 bied slaapplek aan 6 gaste en dit beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Hierdie eenheid het 'n leefarea en 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, yskas, broodrooster en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is.
Selfsorg-eenheid 44 bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Hierdie eenheid het 'n leefarea en 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, yskas, broodrooster en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is.
Selfsorg-eenheid 29 is 'n nuut opgeknapte, moderne kothuis wat slaapplek aan 6 gaste bied en is ideaal vir gesinsvakansies en vir vriende om saam te kuier. Elke slaapkamer het 'n aparte ingang en 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Elkeen van die 3 slaapkamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, yskas, broodrooster en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is.
Elkeen van die kamers het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien. Elkeen van hierdie kamers sluit lugversorging, koffie- en teemaakgeriewe, WiFi, TV en 'n yskassie in.
Die landgoed spog met 'n buiteswembad, speelgrond vir kinders en 'n gholfbaan wat langsaan die landgoed geleë is, asook en vele ander prettige buiteluggeriewe in die nabygeleë omgewing.
Hierdie landgoed is 5 km vanaf The Barnyard Theatre, Casterbridge Lifestyle Centre en ongeveer 19 km vanaf Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe geleë.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Jonothan Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 33
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Vintage Drive, Greenway Woods Estate, White River, 1240, Mpumalanga
- Gaste dink FamilyQuest Accommodation het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vintage Drive, Greenway Woods Estate, White River, 1240, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang