Upper Cross 3
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3 Uppercross Street, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
- Vanaf R2 073 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Upper Cross is 'n drieslaapkamerhuis wat sentraal geleë is in Mosselbaai met gerieflike slaapplek vir 6 gaste. Kom ontspan in dié huis by die see en aanskou die lieflike see-uitsigte saam met jou gesin en vriende.
Die eerste 2 slaapkamers is gemeubileer met 2 enkelbeddens en die hoofslaapkamer het 1 dubbelbed. Al die kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort of bad, wasbak en toilet. Gaste het toegang tot 'n volledig toegeruste kombuis en ook 'n eetarea, wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Daar is 'n groot sitarea met 2 rusbanke, 'n kaggel en 'n TV met volle DStv-toegang.
Gaste kan gebruik maak van die braai-area buite terwyl hulle die seebriesie en lieflike uitsigte geniet. Die huis is net 5 minute se stap vanaf die punt of waterkant. Besienswaardighede sluit die Kaap St Blaize-vuurtoring, die Mosselbaai-gholfklub, Ochre Barn, The Old Joinery, die oorlogsgedenkteken, Zorgfontein-wildplaas en Botlierskop Privaat Wildreservaat in. Verder is daar 'n hele rits doendinge in Mosselbaai vir die adrenalienvrate, insluitend haaihokduik, skeepswrak-duik, motorbootritte, township-toere, reksprong en valskermspring.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Point Geverifieer
Eiendomme 52
Resensies 186
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 3 Uppercross Street, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3 Uppercross Street, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang