Uvongo Square 2
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Foster Road, Uvongo, 4260, KwaZulu-Natal
- Vanaf R550 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Uvongo Square 2 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Uvongo. Dit is ideaal vir 'n klein gesin wat op soek is na 'n gerieflike wegbreek, naby die strand en ander besienswaardighede.
Die woonstel is volledig gemeubileer en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer is toegerus met 'n dubbelbed en die badkamer beskik oor 'n bad en stort, wasbak en toilet. Daar is 2 enkelbeddens in die sitkamer, en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt; gaste kan dus hul eie DStv-slimkaart en -dekodeerder saambring, maar 'n DStv Explorer-dekodeerder sal nie met die verbinding versoenbaar wees nie.
Die kombuis is volledig toegerus om maaltye voor te berei en te kook, en daar is 'n balkon met 'n gedeeltelike see-uitsig. Die kompleks bied ook 'n gemeenskaplike braai-area vir gaste om te gebruik, asook veilige parkeerplek vir 1 voertuig, agter afstandbeheerde hekke.
Uvongo Square 2 is 'n entjie se ry van verskeie winkels en restaurante af en is sowat 200 m van die strand af.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Marius Geverifieer
Eiendomme 14
Resensies 145
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Foster Road, Uvongo, 4260, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Foster Road, Uvongo, 4260, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang