Valley Heights Guest House
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 36 Oak Avenue, Kenilworth Upper, Cape Town, 7708, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Valley Heights Guest House is in 'n rustige, veilige en lowerryke Upper Kenilworth, in Kaapstad se Suidelike Voorstede geleë. Dis die ideale verblyf vir sakereisigers, paartjies, vakansiegangers, enkelreisigers, paartjies of gesinne.
Valley Heights Guest House is naby die vernaamste toeriste-besienswaardighede soos Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin, Nuweland se krieket- en rugbystadions, Cavendish Square en verskeie fynproewersrestaurante. Dis naby Kaapstad, die Waterfront, Valsbaai en Atlantiese Kusstreek. Dit is ook net 1 km van Kingsbury, Cape Fertility Kliniek en Claremont Hospitaal, asook mediese spesialiste.
Dis ook net 5 km vanaf UCT, Wynberg se skole, SACS, Herschel, Western Provence Prep School, Bishops, Rondebosch Boys en Rustenburg Girls.
Dié gastehuis het slaapplek vir 16 gaste. Daar is 5 B&B-kamers en 2 selfsorgkamers. Al die slaapkamers het hul eie badkamers.
Elke kamer het 'n TV met M-Net of DStv, 'n yskassie met gaskoeldrank en water, 'n ketel, en 'n kluis. Die kamers is keurig ingerig en word daagliks skoongemaak.
Gaste kan gerus in die groot, sonnige sitkamer ontspan en daar is ook 'n patio met ingeboude braaigeriewe. Ander geriewe sluit 'n groot soutwaterswembad, 'n gazebo en 'n tuin met 'n sierfonteintjie in. Die swembad word op eie risiko gebruik. Veilige parkeerplek vir 5 voertuie is agter veiligheidshekke beskikbaar. Daar is gratis WiFi.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Debi Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 38
Op LekkeSlaap 16 jaar
Ligging
- 36 Oak Avenue, Kenilworth Upper, Cape Town, 7708, Wes-Kaap
- Gaste dink Valley Heights Guest House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 36 Oak Avenue, Kenilworth Upper, Cape Town, 7708, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang