Verbe Farm - Tillie's House
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off N7, Farm No Heep, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap
- Vanaf R3 700 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
Verbe Farm - Tillie's House is op die plaas No Heep in die Kamieskroon-distrik en bied aan gaste die geleentheid om die outentieke Namakwalandse ervaring te geniet wat soveel om sy gaste te bied wat die omgewing betref.
Dié kothuis bied gerieflike slaapplek vir 11 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Daar is 'n stapelbed beskikbaar in die leefarea. Die eerste badkamer het 'n bad en 'n stort, terwyl die ander 2 badkamers albei 'n stort het.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n gasstoof en oond, yskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Dié leefarea het ook 'n binnebraai.
Daar is geen elektrisiteit nie, maar dit werk met gas. Die gashere verskaf herlaaibare LED-ligte, kerse en lampe. As jy enige toerusting moet herlaai, kan dit by die hoofhuis gedoen word.
Die plaasverblyf weerspieël die ou Namakwalandse kultuur en is geleë tussen Garies en Springbok, 12 km noordoos van Kamieskroon en net 8 km vanaf die N7. Kamieskroon-distrik, die hartjie van die blomland, maak Verbe die beste plek om die pragtige natuurwonders van Namakwaland te verken. Dit word omring deur berge. Die bekende Namaqua Nasionale Park is net 47 km ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Willem Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 156
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Off N7, Farm No Heep, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off N7, Farm No Heep, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang