Successfully reported
+9

Versamelnes Guest Accommodation

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14 Disa Avenue, Blydeville, Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Vanaf R580 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Versamelnes Guest Accommodation is in Upington in die Noord-Kaap aan die oewer van die Oranjerivier geleë. Dit is die ideale verblyf vir 'n sakereisigers, paartjies, gesinne of enkelreisigers. Die verblyf is ideaal as 'n vinnige oornagplek.

Verblyf word in 'n selfsorgwoonstel en 'n gesinskamer aangebied. Die woonstel beskik oor 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens en is geskik vir 5 gaste. Daar is 'n stapelbed en 'n enkelbed in die oopplan-leefarea. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale, lugversorging, 'n privaat ingang en 'n stoep.

Die gesinskamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed en dis geskik vir 'n gesin van 3. Dit het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Daar is ook 'n tweeplaatstoof, yskas, mikrogolfoond en 'n ketel. Verder is daar 'n TV met DStv, 'n sentrale waterverkoelingstelsel en 'n privaat stoep.

Geriewe op die perseel sluit 'n braai-area en veilige parkeerplek in.

Upington is 'n wegbreekplek en 'n oase in die Noord-Kaap se ongelooflike Kalahari-woestyn. Die Oranerivier vloei deur die stad en dit maak dit 'n baie vrugbare streek vir wingerd en boorde en daar is talle watersportgeleenthede in die somer.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 339 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Jopie B
5.0
Dit was die ideale oornagverblyf vir ons gewees. Die woonstel is baie goed toegerus met alles wat ons nodig gehad het. Die badkamer en stort was pragt...
Sien meer
Sep 2025
Trecia J
Gesin met tieners
5.0
Aangenaam en aanbeveelbaar vir budget travellers wat net vir die nag oorslaap. Was hartlik ontvang en het heerlik geslaap. Sout en peper in die selfhe...
Sien meer
Sep 2025
Pamela V
Saam met lewensmaat
5.0
Clean and comfortable. We were very comfortable and got a good night's sleep.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Deanne S
5.0
Alles wat jy nodig het vir 'n vinnige oornag. Ja, die nodige is daar na 'n lang dag op die pad.
Sep 2025
Willem Albert P
Saam met lewensmaat
5.0
Pleasant. The place was clean and had everything we needed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Sonelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 339

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • 14 Disa Avenue, Blydeville, Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Gaste dink Versamelnes Guest Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 580
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 580
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 580
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14 Disa Avenue, Blydeville, Upington, 8801, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDViM2M2ZTQwLTkzYmEtNDA5Mi05YjczLTA5NmJjMzgxM2MxYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R580 per nag, vir 2 mense 339 5 1 5 14 Disa Avenue Blydeville 8801 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -28.435517 21.264202

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang