Successfully reported
+149

Villa @ 19 Palm

Selfsorg
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Geen kinders onder 4
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19 Palm Crescent, Wavecrest, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Villa @ 19 Palm is 'n pragtige en ruim selfsorghuis waar gaste kan ontspan rus. Die huis is in 'n gewilde gebied in Wavecrest, Jeffreysbaai bo-op 'n heuwel geleë wat ongelooflike see-uitsigte vanuit elke kamer bied. Die huis is minder as 500 m vanaf wêreldberoemde branderplankstrande, supermarkte, restaurante en kroeë.

Selfsorgverblyf is beskikbaar in 'n hoofhuis vir 8 en 'n woonstelletjie vir 3. Die hoofhuis en die woonstel kan saam bespreek vir vir groepe van 11 gaste.

Die hoofhuis is geskik vir 8 gaste en het 3 verdiepings. Die boonste verdieping het 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, toilet en wasbak. Die tweede een derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n stort, toilet en wasbak het. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die middelverdieping het 'n oopplan-kombuis en - opwaskamer, -eetarea en -leefarea, asook 'n kroeg en gastetoilet. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en mikrogolfoond toegerus en daar is 'n skottelgoedwasser in die opwaskamer. Die kombuis het skuifdeure wat na 'n balkon met buitemeubels oopmaak. Die eetarea het 'n etenstafel vir 10 met stoele en die ruim sitarea het sitplek met 'n TV. Die kroeg het glasdeure wat na die swembad en tuin lei en daar is ook 'n braai-area buite.

Die grondverdieping het 'n motorhuis, klein gimnasium en 'n woonstelletjie wat geskik is vir 3 gaste. Daar is 'n dubbelbed, enkelbed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die eenheid het sy eie kombuisie. Daar is parkeerplek vir 1 voertuig in 'n motorhuis en 2 voertuie buite.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Collette Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 7

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 19 Palm Crescent, Wavecrest, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink Villa @ 19 Palm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 500
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 3 500
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Geen kinders onder 4
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19 Palm Crescent, Wavecrest, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbf1a65e3a0016246a90d6768f56d6f2324b1aaaa0df1ed53606937f00f60b8f64598e5f6398d32324a4bb8794cbbd21d11bf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8) 3 5 1 5 19 Palm Crescent Wavecrest 6330 Oos-Kaap 021 201 8901 16:00-19:00 10:00 -34.032319445611 24.928462737434

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang