Villa Del Sol 15 Hartedief
Kry 10% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 155 Marine Drive, Margate, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 080R972 per nag (plek vir 6) -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Villa Del Sol 15 Hartedief is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel in die veilige Villa Del Sol-kompleks tussen Margate en Ramsgate. Dit is 50 m vanaf die strand en getypoel geleë.
Dié eenheid bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea met privaat stoep en braai. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en sy eie badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, stapelbed en 'n privaat badkamer met 'n stort. Hierdie kamer het ook 'n skuifdeur wat lei na 'n klein stoepie in die tuin met 'n pragtige uitsig. Vars linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekwaree, koffie- en teemaakgeriewe en 'n eiland met stoele toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Dit lei na die sitarea met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met gratis WiFi.
Die stoep spog met 'n lieflike uitsig oor die see en het sitplek en braaigeriewe.
Hierdie kompleks het 'n gemeenskaplike swembad met 'n uitsig oor die pragtige strand, sitarea, pragtige tuine en plantegroei, sauna en 'n wasmasjien wat met munte werk. Daar is tafeltennis en skaak vir die kinders by die swembadarea en veilige onderdakparkeerplek is vir 1 voertuig beskibaar. Hierdie verblyf is stapafstand vanaf die middedorp en hoofstrand.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Vicky Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 17
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 155 Marine Drive, Margate, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 155 Marine Drive, Margate, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang