Villa Dubaai 2
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 20 Cynaroides Street, Danabaai, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
- Vanaf R700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Villa Dubaai 2 is 'n knus selfsorgwoonstelletjie met 'n aparte ingang op die eienaar se eiendom in die hartjie van Danabaai, Mosselbaai geleë. Dit is die ideale opsie vir óf 'n paartjie óf 'n enkelreisiger wat die pragtige Tuinroete wil verken.
Dié woonstelletjie bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die kombuisie is met 'n yskassie, gasplaat, mikrogolf, broodrooster, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n TV met die volle DStv-pakket en gratis WiFi.
Buite is 'n privaat stoep met braaigeriewe, asook 'n tafel en stoele wat dit die ideale plek vir 'n skemerkelkie maak, terwyl gaste die see-uitsig kan bewonder. Veilige onderdakparkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Jan Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 31
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 20 Cynaroides Street, Danabaai, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
- Gaste dink Villa Dubaai 2 het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 20 Cynaroides Street, Danabaai, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang