Villa Pacifico
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Protea Dale Street, Brackenridge Private Residential Estate, Plettenberg Bay, Wes-Kaap
- Vanaf R7 252 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Villa Pacifico is 'n pragtige selfsorghuis op die Brackenridge Private Residential Estate in Plettenbergbaai. Die huis is ideaal vir gesinne of vriende wat op soek is na 'n rustige basis van waar hulle die kusdorp kan verken.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed en die derde en vierde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed. Dié slaapkamers se en suite-badkamers het elk 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n toonbank met stoele en 'n etenstafel toegerus. Die opwaskamer het 'n lugbraaier, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die oopplan-leefarea het 'n gemaklike rusbank, TV en 'n kaggel. Die tweede leefarea op die grondverdieping het sitplek en 'n TV. WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na die onderdakbalkon met 'n panoramiese uitsig, sitplek, 'n braai en 'n plonspoel. Gaste het toegang tot 'n kantoor met 2 werkruimtes, 'n motorhuis en 'n omsetter met ononderbroke kragtoevoer. Die huis is naby winkels en restaurante geleë en is net 3,7 km vanaf Central Beach.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Two Keens Geverifieer
Eiendomme 29
Resensies 7
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Protea Dale Street, Brackenridge Private Residential Estate, Plettenberg Bay, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Protea Dale Street, Brackenridge Private Residential Estate, Plettenberg Bay, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang