Successfully reported
+33

Villa Roux Garden Cottage

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Lille Street, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 400 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Dié privaat tuinkothuis beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer is onder en het 'n koninggrootte-bed. Daar is 'n plafonwaaier, muurverwarmers en 'n elektriese kombers. Die eetkamer en ten volle toegeruste kombuis is ook op die onderste verdieping geleë. Ons kan ook 'n gratis bababed voorsien.

'n Redelike steil trap lei na die boonste slaapkamer. Gaste wat moeilik stap moet asb. hierop let. Die veiligheid van die kinders is die teenwoordige volwassenes se verantwoordelikheid. Bo is ook 'n ruim slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n sitarea.

Hier is ook koffie- en teemaakgeriewe, sowel as 'n yskassie. Daar is 'n platskerm-TV met DStv en 'n klein HiFi-toestel. Die sitkamer-area bied toegang tot die balkon met patio-meubels met sitplek vir 4 gaste en 'n Weber-braai. Gaste kan die beste uitsig in Franschhoek oor die omliggende wingerd en berge geniet.

Villa Roux voorsien linne, handdoeke, seep, stortseep, koffie, tee en suiker. Gratis vesel-internet is beskikbaar in die kothuis. Lugversorging is bo beskikbaar en 'n waaier onder vir die warm somersdae. Vir die koue winterdae is daar paneelverwarmers bo en onder en al die beddens beskik oor elektriese komberse.

Die parkeerplek in die doodloopstraat voor die kothuis is redelik veilig. Parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis is op versoek en teen 'n ekstra koste per aand beskikbaar.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Verwarmer
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.6

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Dalena Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 1 Lille Street, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Gaste dink Villa Roux Garden Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 400
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 400
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 3 400
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Lille Street, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3KocFOmlMVZBL0NUpZ61bKZ9zPNL2RBS8U6PQFX9AOLA47Qmy3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 400 per nag, vir 4 mense 11 5 1 5 1 Lille Street Franschhoek 7690 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-15:00 10:00 -33.909143868876 19.130094051361
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang