Successfully reported
+173

Villa Siesta

  • Kapasiteit: 98 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 36 Ocean Drive, Villa Siesta 17, Anerley, 4230, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R865 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Villa Siesta bied verblyf in 'n verskeidenheid chalets naby Port Shepstone.

Chalet 1 bied 'n see-uitsig vanaf die balkon en beskik oor 3 slaapkamers met dubbel- en enkelbeddens, twee badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis, asook 'n sitarea met 'n dubbelslaapbank en 'n TV. Veilige parkeerplek is vir 3 voertuie beskikbaar.

Chalet 15 is ideaal vir groot gesinne en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en 'n leefarea wat lei na 'n stoep met 'n ingeboude braai.

Chalet 14 en Chalet 13 word beide via trappe bereik en beskik oor gedeelde badkamers, volledig toegeruste kombuise, sitareas met 'n see-uitsig, asook 'n balkon met 'n ingeboude braai. Chalet 12 is op die grond verdieping geleë en beskik oor 2 slaapkamers, 'n slaapbank in die sitarea, badkamer met 'n stort, volledig toegeruste kombuis, asook 'n stoep met 'n ingeboude braai.

Chalet 11 is ook op die grond verdieping geleë en beskik oor 2 slaapkamers, 'n slaapbank in die sitarea, 'n badkamer met 'n stort, volledig toegeruste kombuis en 'n TV in die sitarea. Hierdie chalet het ook 'n groot stoep.

Chalet 10 en Chalet 9 is dupleks-eenhede met verskeie slaapkamers, badkamers en volledig toegeruste kombuise. Parkeerplek is vir 3 voertuie beskikbaar.

Chalet 8 bied 'n uitsig oor die tuin en is naby die strand. Dit beskik oor 'n slaapkamer, stapelbed in die sitarea, badkamer, volledig toegeruste kombuis, sitarea met 'n stoep en 'n braai. Parkeerplek is vir 1 voertuig beskikbaar.

Chalet 7 is 'n knus eenheid wat oor 'n slaapkamer, stapelbed, gedeelde badkamer, volledig toegeruste kombuis, sitarea met 'n stoep beskik. Parkeerplek is vir 1 voertuig beskikbaar. Die eenheid is ook troeteldiervriendelik.

Chalet 5 is 'n gesinseenheid wat naby die rivier en die strand geleë is. Dit beskik oor 2 slaapkamers, 'n gedeelde badkamer, 'n sitarea met beddens en 'n TV, asook 'n volledig toegeruste kombuis wat na 'n stoep lei. Parkeerplek is vir 2 voertuie beskikbaar.

Die oord het ook 'n speelarea vir kinders, asook 'n putt-puttbaan. Villa Siesta is ongeveer 12 km vanaf die naaste strand, winkels en restaurante. Verder is dit ook 500 m vanaf 'n rotspoel wat vir kinders geskik is.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Pam R
5.0
Awesome incredible get away. We really enjoyed our stay. It was awesome having activities for the kids to do, the pool, and walking dis...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Francois B
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Was een van die lekkerste vakansies! Personeel is baie vriendelik en gaan uit hul pad uit om gaste gelukkig te hou. Baie netjies en skoon ...
Sien meer
Jul 2025
Christelle R
Gesin met klein kinders
5.0
Ons beste seevakansie! Die verblyf was rustig, met 'n pragtige uitsig oor die see en selfs 'n gerieflike voetpadjie na die see. Skoon en netjies. Self...
Sien meer
Jan 2025
Romaine A
5.0
It was very good. Very pleasant and comfortable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Rochelle B
5.0
It was amazing. It's was truly amazing.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Corrie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 36 Ocean Drive, Villa Siesta 17, Anerley, 4230, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Villa Siesta het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 865
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 865
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 865
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 98 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 36 Ocean Drive, Villa Siesta 17, Anerley, 4230, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA623403978593298b9ebd2eb029b432be243a4cf845f63bf7bbe189412d0176db14720fe6efc69c1f7014489ca50e818bfa45?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R865 per nag (plek vir 4) 20 5 1 5 36 Ocean Drive Villa Siesta 17 4230 KwaZulu-Natal 021 201 8901 12:00-18:00 10:00 -30.672723043326 30.509606124606

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang