Vogel's Nest
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 29 Newton Street, George South, George, 6529, Wes-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag, vir 3 mense
Beskrywing
Vogel's Nest is 'n selfsorgvakansie-eenheid op die eienaar se eiendom in George, die sentrale spilpunt van die Tuinroete. Dit is gerieflik naby winkels, restaurante en 'n verskeidenheid plaaslike besienswaardighede geleë. Die naaste swemstrand, Victoriabaai, is net 10 km weg, en George-lughawe is net 8,5 km weg.
Die kompakte eenheid kan tot 4 gaste akkommodeer, ideaal vir 'n klein gesin om te oornag of vakansie te hou; en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuisie en -leefarea met 'n slaaparea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed, ingeboude kas en spieëltafel. Die badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die oop leefarea beskik oor 'n driekwartbed wat geskik is vir óf 1 volwassene óf 2 klein kinders.
Die kombuisie is toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n tweeplaatstoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbythoekie met stoeltjies en 'n muurgemonteerde TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi-toegang word ook voorsien. 'n Braai is ook beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Elizabeth Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 12
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 29 Newton Street, George South, George, 6529, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 29 Newton Street, George South, George, 6529, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang