Successfully reported
+22

Volksrust Battlefields Lodge

  • Kapasiteit: 44 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the R23, Volksrust, 2470, Mpumalanga
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Volksrust Battlefields Lodge is 'n luukse gastelodge wat 'n verwelkomende en huislike omgewing bied vir sakereisigers en vakansiegangers wat die pragtige dorpie Volksrust en omliggende area besoek. Volksrust is in Mpumalanga se gras- en vleilande-streek geleë. Dié rustige streek skuil in die suidoostelike deel van Mpumalanga en deel grense met Swaziland, KwaZulu-Natal en die Vrystaat.

Verblyf word in 14 Standaardkamers en 8 Selfsorgkamers gebied. Elke smaakvol versierde kamer het 'n hotelgehalte-koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, 'n en suite-badkamer, WiFi en 'n TV met sekere DStv-kanale. Elke kamer lei na 'n onderdakstoep met sitplek.

Soggens kan gaste 'n heerlike, opsionele Engelse ontbyt geniet, wat in die moderne eetkamer bedien word. Aandete, middagetepakkies en braaipakke is op versoek beskikbaar.

Die lodge bied 'n knus kroeg en 'n groot eetkamer. Die kroeg lei na 'n skaduryke dek met 'n uitsig oor 'n pragtige baarsdam. Daar is ook 'n grootskerm-TV vir belangrike sportbyeenkomste. 'n Teetuin, braaigeriewe en konferensiegeriewe vir 150 afgevaardigdes is beskikbaar.

Daar is ook veilige, privaat parkeerplek, elektriese heinings, 24 uur-personeelteenwoordigheid en 'n afstandbeheerde veiligheidshek.

Die pragtige en geskiedkundige dorpie Volksrust bied voëlkyk, voetslaan, 4x4-roetes, vierwielmotorfietsry, fietsry, visvang, perdry, museums en slagveldtoere.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Oros V
Saam met lewensmaat
5.0
Van die beste waar ons al oor gebly het 10/10. Baie lekker gewees, selfs ons vriende kon saam met ons die aand kuier. Hou so aan met goeie diens.
Okt 2025
Johan G
Saam met lewensmaat
5.0
Ideale plek om oor te bly. Ons het baie lekker gebly.
Mrt 2025
Anphia S
Saam met lewensmaat
5.0
Kort maar lekker. Baie vriendelike diens. Alles was na verwagting.
Mrt 2024
Lucelle D
Saam met vriende
4.8
Excellent experience and great value for money. Was greeted and assisted by the most friendly staff. Rooms are spacious and clean, and ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024
Owami N
Gesin met klein kinders
4.6
Fair. The mosquitos were killing us; other than that, it was amazing.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Kevin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Off the R23, Volksrust, 2470, Mpumalanga
  • Gaste dink Volksrust Battlefields Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 44 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the R23, Volksrust, 2470, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc403cd45d25a0d13e7b2069c6c831e03ebab6812a6385e6c0f26f7fc294e51dfbf0af8242713caa92ca1bf27ae4bf4a4813d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 9 5 1 5 Off the R23 Volksrust 2470 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -27.35691520149 29.874764186508
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang