Successfully reported

Vreugde Gasteplaas

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 90 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Andreas P
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2025

Baie lekker, rustige plekkie. Vreeslik mooi. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nelda D
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jul 2025

Vreugde Gasteplaas is die ideale oornagplekkie! Ons het heerlik gekuier op die plaas! Baie lekker!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Melissa-Ann V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mei 2025

Hoogs aanbeveelbaar. Die blyplekkie is definitief 'n stukkie hemel op aarde met asemrowende, beeldskone natuur. Ongelooflike gasvryheid van die gasvrou en gasheer, wat mens baie min deesdae sien. Ongelooflik lekker gesinstyd gehad.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Francie W
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2025

Sal weer gaan kuier. Heerlik gekuier. Rustige plek. Geen stres nie. Die kombuis is goed uitgerus. Verandering van handdoeke op 'n gereelde basis gedoen.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Katie
Vreugde Gasteplaas
Baie dankie vir die terugvoer! Ons is bly julle het die rustige atmosfeer en volledig toegeruste kombuis in die kothuis geniet. Julle is altyd welkom!

Martie F
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Apr 2025

Gerieflik. Rustig. Pragtig. Dit was 'n vreugde op Vreugde Gasteplaas! Skoon, netjies, en die dekor pragtig. Daar is selfs 'n speelhoekie vir die kinders. Hulle het hulself gate uit geniet! Maak seker dat jy in die reënseisoen met 'n 4 x 4 ry, anders gaan jy vir seker vas sit. Die gasheer was baie gaaf en vriendelik en het dadelik kom verduidelik hoe alles werk. Ons sal beslis weer hier tuisgaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Katie
Vreugde Gasteplaas
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer – dit bly vir ons ’n vreugde om gaste soos julle te ontvang! Net ’n vinnige opmerking oor die padtoestand vir voornemende gaste: Die grondpad na die plaas is slegs 3 km lank, waarvan net die laaste 500 meter modderig kan raak tydens uitsonderlike reënval soos dié wat landwyd hierdie afgelope 2 weke ervaar is. In die tien jaar van die gasteplaas se bedryf het ons nog net twee keer nodig gehad om gaste se voertuie uit te sleep — dit wys hoe ongewoon die omstandighede was. Die pad word gereeld geskraap en is normaalweg rybaar met ’n gewone sedan. Bestuurders moet net stadig ry, maar nie gaan stilstaan by die modderige dele nie, en ook in die spore van vorige voertuie bly. En moenie bekommer nie – ons is altyd beskikbaar om te help indien nodig!

Carel V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2025

Uitstekend gewees. Die oornagplek was werklik 'n wonderlike ervaring. Die stilte en rustigheid het gevoel soos voedsel vir die siel, wat dit die ideale toevlugsoord maak vir iemand wat behoefte het aan 'n breek van die daaglikse gejaag. Dis 'n jammerte dat ons net een aand daar gespandeer het – ek sou graag langer daar gewees het om die vrede ten volle te ervaar. Ek sal beslis weer daar wil terugkeer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Katie
Vreugde Gasteplaas
Baie dankie vir die wonderlike resensie! Ons is so bly om te hoor dat jy die stilte en rustigheid van ons gasteplaas geniet het. Ons deel jou gevoel dat een aand te kort is om die volle ervaring in te neem. Ons sien daarna uit om jou weer te verwelkom vir 'n langer besoek. Beste wense.

Robert C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Apr 2025

Pleasant, peaceful, neat, friendly accommodation. It was a pleasant stay. Very peaceful and remotely located, which is what was needed to get away from the rat race. The accommodation was clean and neat. The customer service was great and heartwarmingly friendly. The night sky from this location is out of this world.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Liezel G
1 nag Gesin met tieners
4.8
Apr 2025

Skoon, stil en netjies. Ons het heerlik oornag. Ruim, skoon kamer. Lekker geslaap. Lieflike plaas met mooi uitsig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Louisa M
1 nag
4.8
Jan 2025

Baie gerieflik, stil en rustig. Ons is vriendelik ontvang en daar is vir seker gemaak dat ons alles het wat ons benodig. Die huisie is pragtig en goed ingerig. Dis stil en rustig met 'n pragtige uitsig oor die plaas en veral die sonsondergang. Heerlike bed in hoofslaapkamer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Katie
Vreugde Gasteplaas
Baie dankie vir die wonderlike terugvoer! Ons is bly om te hoor dat julle die tyd by ons gasteplaas geniet het. Dit is vir ons belangrik dat ons gaste alles het wat hulle benodig en dat hulle die skoonheid en rustigheid van ons plaas kan waardeer. Ons hoop om julle weer in die toekoms te verwelkom vir nog 'n ontspanne verblyf. Vreugdegroete.

Suzeth K
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2024

Oornag verblyf tussen Warden en Bethlehem. Goeie oornag verblyf tussen Bethlehem en Warden. Skoon en netjies. Sal enige tyd weer Vreugde Gasteplaas bespreek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Katie
Vreugde Gasteplaas
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer! Wat ons ligging nog 'n pluspunt maak, is dat ons naby die N3 geleë is. Ons is bly om te hoor dat jul die oornagverblyf by Vreugde Gasteplaas geniet het en dat die netheid en gerief na jul smaak was. Ons sien uit daarna om jul weer te verwelkom vir 'n toekomstige verblyf. Vreugdegroete.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Katie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 90

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 25 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Naomi, R714, Warden, 9890, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA756d1ab1ec47bb3906883b3d1248ad30b20e945bc63e38a54698a9b3ceefe8e83d989329bdad641cf1c0267d252682f13afb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 90 5 1 5 Plaas Naomi R714 9890 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -27.880891455561 28.817281614435
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang