Successfully reported
+52

Vreugde Gasteplaas

  • Kapasiteit: 25 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Naomi, R714, Warden, 9890, Vrystaat
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Vreugde Gasteplaas bied gerieflike verblyf in 'n rustige plaasatmosfeer, omring deur skilderagtige natuurskoon, sentraal geleë in die Oos-Vrystaat tussen die dorpe Warden en Bethlehem. Die plaas is net 18 km van die N3 af, halfpad tussen Johannesburg en Durban en op pad van al die Kaapse provinsies na die Krugerwildtuin. Dit is 'n perfekte oornagverblyf vir die kieskeurige gas om te ontspan in die natuur weg van die onophoudelike geraas van vragmotors en verkeer. Vreugde Gasteplaas is ook gerieflik geleë tussen Bethlehem, Reitz, Kestell, Harrismith en Vrede, vanwaar die area verken kan word.

Verblyf beskik oor 8 selfsorg-ateljees, met en suite-badkamers, en 'n selfsorgkothuis. Die ateljees is ingerig met gemaklike beddens en die badkamers is toegerus met óf 'n bad óf 'n stort. Elke eenheid het 'n klein kombuisie om ligte maaltye voor te berei. Die kothuis beskik oor 3 slaapkamers, 'n badkamer met 'n stort en 'n hoekbad, 'n kombuis met 'n eetarea en 'n sitkamer. Die kothuis en ateljees kan 23 mense akkommodeer.

Geriewe op die perseel sluit 'n netjiese kompleks met 'n sitkamer-eetarea en braaigeriewe in die pragtige binnehof in. Gratis WiFi is beskikbaar.

Doendinge op die perseel sluit voëlkyk, sterrekyk, piekniek, stap, bergfietsry en fotogeleenthede in.

Doendinge soos voetslaan, vierwielmotorfietsry, bergfietsry, abseil, witriviervlotvaart, boogskiet, verfbal en kloofswaai asook die besoek van die talle kunsgalerye, koffiewinkels, geskenkwinkels en markte is binne maklike bereik van die plaas af.

Plekke van belang in die omgewing sluit in die NG Kerk in Warden, die Rotsskilderye in Clarens en Golden Gate Highlands Nasionale Park, die Basotho Cultural Village ook in die Golden Gate Highlands Nasionale Park, die Dinosourusspore en Surrender Hill in Clarens en Fouriesburg area , die Platberg Natuurreservaat in Harrismith, Rensburgkop in Swinburne, Lost Valley in Geluksburg, Sterkfonteindam, Kaalvoetvrou en Retief Pas, Verkykerskop, die Noordelike Drakensberge, Bethlehem Museum en Lugskou, die Bielie Mielie Fees in Reitz en verskeie leeuplase.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 90 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Andreas P
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker, rustige plekkie. Vreeslik mooi. Sien sterre.
Jul 2025
Nelda D
Gesin met tieners
5.0
Vreugde Gasteplaas is die ideale oornagplekkie! Ons het heerlik gekuier op die plaas! Baie lekker!
Jul 2025
Melissa-Ann V
Gesin met klein kinders
5.0
Hoogs aanbeveelbaar. Die blyplekkie is definitief 'n stukkie hemel op aarde met asemrowende, beeldskone natuur. Ongelooflike gasvryheid van die gasvro...
Sien meer
Mei 2025
Francie W
Saam met lewensmaat
5.0
Sal weer gaan kuier. Heerlik gekuier. Rustige plek. Geen stres nie. Die kombuis is goed uitgerus. Verandering van handdoeke op 'n gereelde basis gedoe...
Sien meer
Apr 2025
Martie F
Gesin met klein kinders
5.0
Gerieflik. Rustig. Pragtig. Dit was 'n vreugde op Vreugde Gasteplaas! Skoon, netjies, en die dekor pragtig. Daar is selfs 'n speelhoekie vir die kinde...
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Katie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 90

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Plaas Naomi, R714, Warden, 9890, Vrystaat
  • Gaste dink Vreugde Gasteplaas het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 25 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Naomi, R714, Warden, 9890, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA756d1ab1ec47bb3906883b3d1248ad30b20e945bc63e38a54698a9b3ceefe8e83d989329bdad641cf1c0267d252682f13afb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 90 5 1 5 Plaas Naomi R714 9890 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -27.880891455561 28.817281614435
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang