Successfully reported
+141

Wagon Wheel Country Lodge

  • Kapasiteit: 146 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N1 Beaufort West, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Die gewilde en bekende Wagon Wheel Country Lodge is gerieflik net langs die N1 geleë. Die kamers is onlangs opgeknap en is waarde vir geld.

Die kamers is smaakvol versier. Die Deluxe-, Standaard- en Selfsorgkamers het elkeen 'n verwarmer en lugversorging, 'n TV en koffie- en teemaakgeriewe. Wagon Wheel Country Lodge bied veilige parkeerplek buite elke kamer, sowel as 'n 24 uur-ontvangs vir gaste wat laat inklok. Die sakpaskamers het net plafonwaaiers en geen TV's.

Koel af in die swembad na 'n lang dag op die pad en geniet 'n drankie in die boma terwyl die Karoo-sonsondergang jou bekoor. Gaste kan ook in die dameskroeg ontspan en dan 'n heerlike Karoo-aandete in ons eetkamer geniet. Die lodge bied die ideale oornagverblyf op die N1-hoofroete tussen Kaapstad en Johannesburg. WiFi is in die dameskroeg, sitkamer en eetkamer beskikbaar.

Wagon Wheel Country Lodge bied ook ontbyt en aandete, met tradisionele etes en 'n daaglikse a la carte-spyskaart elke dag van die week. Wagon Wheel Country Lodge bied ook verblyf vir oornag-gaste, sakereisigers, gesinne, rugsakreisigers en konferensiegangers. Wagon Wheel Country Lodge se doel is om gaste die beste waarde vir geld te bied. Gaste kan heerlik op kraakvars, perkallinne en 'n gemaklike bed 'n nagrus geniet.

Ander geriewe sluit 'n konferensielokaal en -geriewe in. Die lodge is ook troeteldiervriendelik.

Alle bekende kredietkaarte word aanvaar, maar Wagon Wheel Country Lodge aanvaar ongelukkig nie tjeks nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
24-uur-ontvangs
Lughawe-vervoer op versoek

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 530 resensies

Goed

Netheid
4.0
Ligging
4.2
Waarde vir geld
3.6
Diens
3.9
Veiligheid
4.0
Gaste se hoogtepunte
Hansie S
Besigheidsreis
5.0
Sakereis na en van Weskaap. Maklik, gerieflik, skoon en netjies, perfek vir oorbly met 'n lang reis.
Okt 2025
Martine H
5.0
As expected, clean, friendly, fast. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Gerrie R
5.0
Genotvol, goeie nagrus word geniet en mens reg vir volgende ry! Altyd aangenaam en ons het as kinders reeds daar oornag saam ouers, toe het hul butler...
Sien meer
Jul 2025
Mike W
Saam met lewensmaat
5.0
Great stay along the long road. A great overnight stop along the N1 to have a break on the long road. The room was well fitted and comf...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025
Chrisna V
Saam met lewensmaat
5.0
Gasvry, netjies en skoon. Wonderlike ervaring! Die personeel was gasvry en het uit hul pad gegaan om ons te help. Ons slaap graag weer daar, dankie.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Diana Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 724

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • N1 Beaufort West, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Wagon Wheel Country Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 146 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N1 Beaufort West, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIzNThkZGEyLTIzOWEtNDcyNC04YzMyLTgzZjhkMDljZjk2Mg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 530 5 1 4 N1 Beaufort West Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -32.334175388043 22.584629058838
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang