Aruba Breeze 03
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Island Palm Drive, Marina Martinique, Jeffereys Bay, 6330, Oos-Kaap
- Vanaf R2 150 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Aruba Breeze 03 is 'n lieflike selfsorgwoonstel op die waterweë van die marina. Dit spog met 'n uitsig oor Marina Martinique en dis die ideale verblyf vir diegene wat op soek is na rustige vakansieverblyf.
Die vakansiewoonstel is op die eerste verdieping en bied slaapplek aan 6 gaste. Dit beskik oor 3 slaapkamers en 'n badkamer. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n eetarea met 'n etenstafel en sitplek vir 6 gaste. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n koffietafel en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die stapeldeure lei na 'n balkon met 'n uitsig oor Marina Martinique en dit het ook 'n braai-area en 'n etenstafel. Gaste het toegang tot 2 strande, restaurante en 'n speelpark vir kinders. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Hannes Geverifieer
Eiendomme 16
Resensies 172
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Island Palm Drive, Marina Martinique, Jeffereys Bay, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink Aruba Breeze 03 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Island Palm Drive, Marina Martinique, Jeffereys Bay, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang