Hierdie gas het spesifiek vooraf toestemming gevra om vroeer in te kom. Sy het gesê dat sy 'n troue bywoon en die hek is vir haar gerief dienooreenkomstig wat gereel is, gereguleer. Ons (eienaars) moet kragopwekkers by ander besighede op die perseel aan- en afskakel soos beurtkrag ingestel word, en kontrolleer sommer die hek en ry patrollie terselfdertyd. Ons het nie 'n wag in uniform wat op 'n stoeltjie by die hek sit nie. Ons wag stap patrollie die hele aand (tydens gaste se verblyf) in privaatklere, en reguleer die hek. Ons gebruik slegs kragopwekkers by die kamers vir bruide wat vir hul troue voorberei. Beurtkragtye is kort genoeg om of betyds op te staan en die ketel te kook, of om te wag tot na beurtkrag. Ons inligtingstuk dui spesifiek aan dat ons nie Wi-Fi beskikbaar het nie. Die area is van so 'n aard dat ons 'n mas moet opsit en nie alleenlik 'n booster nie.