Weltevreden Game Lodge
Kry 10% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 40 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Weltevreden Farm 243, Glen District, Bloemfontein, 9302, Vrystaat
-
Vanaf
R1 100R990 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Weltevreden Game Lodge is net 25 km vanaf Bloemfontein, op die oewer van die Modderrivier geleë. Ideale ligging vir 'n rustige wegbreek van die daaglikse gewoel, of vir korporatiewe funksies, spanbou en intieme troues. Ons het geen restaurant/kroeg of winkel nie, maar alle spyseniering en koördinering kan gereël word met ons venue huur opsies vir groepe.
Verblyf word aangebied in chalets of cabanas.
Ons chalets kan elk 4 volwassenes of 2 volwassenes en 2 kinders akkommodeer. Hulle beskik oor 2 slaapkamers met koninggrootte- of enkelbeddens in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die solderkamer bo. Elke chalet het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, ketel, mikrogolf, broodrooster, elektriese braaipan en basiese eetgerei en breekware wat benodig word. Daar is ook potte in panne wat vooraf bespreek moet word.
Ons cabanas is meer geskik vir 'n oornagverblyf en kan 2 volwassenes op 'n koninggrootte-bed en 2 kinders onder die ouderdom van 12 op 'n slaapbank akkommodeer. Hierdie oopplan-eenhede het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, mikrogolf en basiese breekware en eetgerei.
Alle eenhede het braaigeriewe, onthou asseblief om jou eie hout en vuuraanstekers saam te bring.
Doendinge sluit wildritte en voëlkyk, visvang, hol-in-een gholf, pieknieks en sonsondergange in op die dek wat oor die rivier uitkyk, of by uitkykpunt.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Cherece Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 49
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Weltevreden Farm 243, Glen District, Bloemfontein, 9302, Vrystaat
- Gaste dink Weltevreden Game Lodge het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 40 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Weltevreden Farm 243, Glen District, Bloemfontein, 9302, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang