Successfully reported
+45

Wildebraam Berry Estate

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hermitage S4, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Wildebraam Berry Estate is 'n bessieplaas in die prentjiemooi Hermitage-vallei, sowat 2 km van Swellendam af. Die plaas is aan die voet van die majestueuse Langeberge geleë en spog met die Kliprivier wat deur die rustige bessieplaas kronkel.

Elke eenheid is volledig gemeubileer en beskik oor lugversorging en sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n draagbare buitebraai met 1 gratis sak hout en vuuraanstekers. Verblyf word aangebied in die Berry-kothuis, Tuinsuite en 2 woonstelle op die tweede verdieping van die kelder.

Kom geniet manjifieke uitsigte op die berge en die rus en vrede van 'n plattelandse leefstyl. Hiér sal jy aan die slaap raak soos die uile roep en die paddas kwaak onder die asemrowende sterrehemel.

Die kelder produseer 'n reeks likeurs en die plaaskombuis produseer 'n heerlike verskeidenheid van bessie- en vrugtekonfyte, nageregstroop, blatjang, souse, agurkies en geskenke wat almal in die proekamer geproe en gekoop kan word. Dit is so pragtig hier - jy sal sommer jou eie bessies wil pluk en daarna met jou piekniekmandjies ontspan om die plattelandse rustigheid te absorbeer.

Wildebraam het ook 'n konferensie- en funksielokaal met plek vir tot 64 afgevaardigdes vir sake- en privaatfunksies.

Doendinge sluit bessiepluk gedurende die seisoen, likeurproesessies, voetslaan, fietsry, perdry, voëlkyk, gholfspeel, ens. Plekke wat die moeite werd is om te besoek sluit die Drostdy Museum, Bontebok Nasionale Park, die De Hoop Natuurreservaat en Roberston Wynroete in, om maar net 'n paar te noem. Daar is ook pragtige daguitstappies na die platteland insluitend Barrydale, Montagu, Robertson, Malgas en Arniston. Hier kan gaste gehalte-ontspanning kry, en wynproe in die omtrek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 175 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Russell S
Besigheidsreis
5.0
Perfectly comfortable. House was clean and neat, but was just a bed for the night so never got to experience any of the offerings, as I...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Andrea G
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig, beeldskoon en snoesig! Mooi omgewing en snoesige kothuis - beslis lekker gebly!
Jun 2025
Cornelia J
Saam met lewensmaat
5.0
Ons is vriendelik ontvang. Baie rustig, veilig en netjiese verblyf. Rustig, netjies, mooi.
Feb 2025
Charmaine R
Saam met lewensmaat
5.0
Way too short. It was awesome. Peaceful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Ros N
Saam met lewensmaat
5.0
We had a restful and safe overnight stay. The surrounding area is stunning! Very peaceful, tranquil setting. The cottage is well equipp...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Natalie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 175

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Hermitage S4, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Gaste dink Wildebraam Berry Estate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hermitage S4, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAMo1E2uNsk3NBaQyzDzzBQQbBZfIfFcBTkSqBQvBGgSi8vxNDyo?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 175 5 1 5 Hermitage S4 Swellendam 6740 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.019300994604 20.423111915588
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang