Successfully reported
+14

Wildflower Cottage

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Sprigg Street, Barrydale, 6750, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Wildflower Cottage is 'n pragtige selfsorgkothuis op die eienaar se perseel in Barrydale. Die kothuis kry sy naam van die veldblomme way in die veld en op die heuwel langs die huis voorkom. Hierdie instansie word in sy geheel bespreek, so vir die prys van 'n kamer kan jy die hele huis en tuin vir jouself hê.

Daar is slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders of vir 6 volwassenes, en dit is die ideale basis vir gaste wat die dorpie se besienswaardighede en Kaapse Roete 62 wil verken.

Die kothuis is volledig ingerig en beskik oor 2 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed elk en ’n alkoof met gordyne en 2 enkelbeddens. Die kothuis het een badkamer met ’n bad en stort en ’n oopplan-badkamer met stort.

Daar is ’n sitarea en eetarea, asook ’n nuut ingeboude braai- en vuurput-area met ’n draagbare braai. Die agter tuin is baie ruim en die hele perseel is omhein en beskik oor sekuriteitskameras en diefwering.

Verder is daar 'n beskutte stoep waar gaste die pragtige uitsig op die berge kan geniet. Daar is 'n braai-area onder 'n groot eikeboom met 'n draagbare braaier, toerusting en gratis hout. Gaste kan hier die sterre in die aand geniet. Die kothuis is reg langs die ikoniese Diesel and Creme-restaurant waar gaste 'n heerlike ontbyt en gratis WiFi kan geniet. Ons ander bure is die Dung Beetle-kroeg waar jy 'n koue bier en sport kan geniet. Die klein kombuisie is goed toegerus met die basies toebehore om etes mee te kook.

Parkeerplek vir 2 motors is op die perseel beskikbaar en in die stil doodloopstraat. Wildflower Cottage is naby 'n paar winkels, restaurante, kroeë, drankwinkels en inkopiewinkels.

Verseker asseblief dat daar genoeg vermaak saamgebring word vir kinders en tieners aangesien daar nie ’n TV of WiFi is nie.

NB: Ons stuur gedetailleerde e-posse aan al ons gaste met huishoudelike inligting, inklok-details en aanwysings. Let asb. daarop dat google-aanwysings nie die huis op hul sisteem het nie. Volg asb. die aanwysing wat ons voorsien.
Daar is geen WiFi of lugversorging nie, daar is wel waaiers, verwarmers en WiFi by die Diesel and Creme langsaan. Ons sal die inventaris nagaan wanneer gaste uitklok om seker te maak alles is nog daar en dat gaste nie enige besittings vergeet het nie.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 59 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.2
Veiligheid
4.3

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Mary Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 59

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 2 Sprigg Street, Barrydale, 6750, Wes-Kaap
  • Gaste dink Wildflower Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 000
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 2 000
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Sprigg Street, Barrydale, 6750, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE4NDFmNTJkLTNhNDEtNDdlMi05MTY4LTkzOTMzNGViNWExYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag, vir 6 mense 59 5 1 5 2 Sprigg Street Barrydale 6750 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.905617768133 20.715570598841
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang