Successfully reported
+68

Withuis

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Paardekraal Road, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R780 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Withuis is geleë in die gewilde kusdorp Hartenbos op die wêreldbekende Tuinroete, slegs 8 km vanaf die historiese Mosselbaai en 40 km vanaf George Lughawe.

Verblyf word gebied in 8 selfsorgwoonstelle en 'n gastekamer. Daar is 5 eenhede wat slaapplek bied vir 2 mense, 1 eenheid slaapplek vir 4 mense en 2 eenhede wat slaapplek bied vir 5 gaste.

Elke eenheid, behalwe die gastekamer, het 'n kombuisie toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n tweeplaatstoof, breekware en eetgerei. Alle eenhede, behalwe die gastekamer, het ook braaigeriewe.

Hierdie eiendom is toegerus met batterye en sonpanele wat elektrisiteit verskaf tydens beurtkrag.

Die Hartenbos Seefront-kompleks is 600 m vanaf die Withuis met 'n pretpark, waterpark en avontuurgholf wat ure se vermaak vir die jongmense bied, sowel as restaurante, winkels en 'n verhitte binnenshuise swembad.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 255 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Alex V
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige uitsig, netjies en skoon, en alles wat ons nodig gehad het, was daar. Baie lekker en geen klagtes. Die enigste voorstel sal wees om 'n tipe r...
Sien meer
Okt 2025
Ockert S
Saam met lewensmaat
5.0
Sal altyd my eerste keuse verblyf wees wanneer ek in Mosselbaai aandoen. Weereens uitstaande verblyf. Voel al soos 'n tweede huis met great diens.
Okt 2025
Johan O
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon en netjies met 'n goeie ligging. Sien sterre.
Okt 2025
Manna (Jh) S
Saam met lewensmaat
5.0
Hoë gehalte, puik waarde. Puik, hoë gehalte verblyf en baie goed ingerig. Kommunikasie was duidelik, deeglik en effektief. Inboek en uitboek was pynlo...
Sien meer
Okt 2025
Ronelle D
5.0
Alles was baie netjies en skoon. Sal definitief weer hier besoek en volgende keer langer oorbly.
Sep 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Amanda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 255

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 2 Paardekraal Road, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Withuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 780
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 780
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 780
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Paardekraal Road, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbf1ecbc67ff2b30e1358d57204123ceac5e190d5ba0c258ec6ffbaa7f2c83f6c080b8a139fc5047091a9b92c3628ac03c1e8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R780 per nag (plek vir 2) 255 5 1 5 2 Paardekraal Road Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.132461 22.114094

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang