Successfully reported
+21

Wokini Guest House & Game Farm

  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 164, Alkmaar, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Wokini Guest House en moderne selfsorg-chalets is op 'n klein rustige wildplaas 10 kilometer van Mbombela (Nelspruit) af op die N4 na Johannesburg geleë. Daar is 'n verskeidenheid wild soos njalas, koedoes, rooibokke, blouwildebeeste, sebras en 'n groot verskeidenheid voëls.

Die gastehuis het 6 kamers beskikbaar. Elke kamer is toegerus met 'n en suite-badkamer, lugversorger, TV met DStv, 'n yskassie met komplimentêre water en vrugtesap, tee- en koffiemaakgeriewe asook 'n klein werkstasie. Die kamers het verskillende bedtipes soos 'n koningingrootte-bed, 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens.

Die 3 selfsorg-eenhede is modern met pragtige uitsigte oor die wild vanaf die dek. Elke eenheid bestaan uit 2 slaapkamers en en suite-badkamers. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, stoof, oond en toebehore. Daar is 'n eetarea asook 'n sitarea met 'n TV en DStv. Die eenhede word daagliks gediens. 'n Gasbraai is beskikbaar op die dek asook 'n boma met hout- en gasbraaigeriewe en 'n sentrale kaggel vir daardie lekker aande om 'n vuur.

Wokini Guest House and Game Farm bied 'n rustige verblyf met die opsie om daguitstappies na al die besienswaardighede in die area te reël.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 47 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Marius P
Saam met lewensmaat
5.0
Die oom was baie nice. Voel sommer gemaklik. Wens ons het langer gebly. Lekker.
Sep 2025
Linda D
Gesin met tieners
5.0
Wonderlike wegbreek. Sal ons vir seker weer sien. Die natuurskoon, rustige atmosfeer en gasvrye ontvangs was wonderlik.
Jul 2025
Hanna N
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Dit was baie rustig en baie lekker.
Feb 2025
Melissa D
Saam met vriende
5.0
Ons het die rustigheid baie geniet. Alles was netjies en skoon gewees. Dit was besonders lekker gewees. En die plek is baie goed ingerig. Ons het niks...
Sien meer
Sep 2024
Cora M
5.0
Uitstekend en vriendelik! Dit is 'n pragtige, rustige plek wat ideaal is vir oorslaap, al het jy klein kinders. Veilig en goed toegerus. Ons sal besli...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Edwin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 47

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Portion 164, Alkmaar, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
  • Gaste dink Wokini Guest House & Game Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 400
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 400
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 164, Alkmaar, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNhNDdjM2RkLTc3NWYtNDJhNi05MDU5LTc2OWViMmJhYmZmMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 47 5 1 5 Portion 164 Alkmaar 1200 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.448019343039 30.847651362419
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang