Wolwekrans Eco Lodge
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Portion 6 and 7 Farm, Sterkspruit, Schoemanskloof, 9762, Mpumalanga
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Wolwekrans Eco Lodge, ook bekend as die Juweel van Mpumalanga, is op die 120 hektaar Schoemanskloof-platorand geleë met asemrowende 240º uitsigte oor die Laeveldvallei en op die Schoemansberge in die agtergrond.
Verblyf is beskikbaar in 2 eko-vriendelike chalets en 'n eksklusiewe safari-tent. Elke chalet het sy eie unieke uitsig oor die vallei en op die Schoemanberge, asook 'n privaat boma, dek en braaigeriewe. Die selforgkombuise het elk 'n tweeplaat-gasstoof, 'n yskas-vrieskas, breekware en eetgerei. Warm water word via 'n gasgeiser voorsien en beligting word via 'n sonkragstelsel verkry.
Verder is daar 'n bosveldswembad en Wolwekrans het spesifieke piekniekplekke wat gaste se piekniek so privaat en spesiaal as moontlik sal maak.
Dié perseel is ook wyd bekend vir die uitstekende staproetes. Daar is staproetes vir almal, van ervare stappers tot beginners en gaste sal die kans kry om die wild wat vrylik rondloop op Wolwekrans, soos koedoes, rietbokke, duikers, ribbokke, bosbokke, klipspringers, vlakvarke en jakkalse te sien. Wolwekrans is die ideale bestemming vir enige voëlliefhebber. Die spruit wemel van arende, valke en kleiner eksotiese voëls.
Die perseel kan slegs bereik word met 'n hoë grondvryhoogte SUV, bakkie of 4x4.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Nedine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 60
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Portion 6 and 7 Farm, Sterkspruit, Schoemanskloof, 9762, Mpumalanga
- Gaste dink Wolwekrans Eco Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Portion 6 and 7 Farm, Sterkspruit, Schoemanskloof, 9762, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang