Wood Owl Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3 Richardson Road, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Wood Owl Cottage beslaan die onderste vlak van die eienaar se woning en is geleë in 'n mini tropiese tuin net 500 m vanaf Southbroom se hoofstrand.
Dié ruim woonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en oorgenoeg kasspasie. Die en suite-badkamer wat oor die tropiese tuin uitkyk, het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word ook voorsien.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei en breekware, asook 'n Nespresso-koffiemasjien.
Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet en hierdie area strek verder na die sitkamer wat met 'n sitkamerstel gemeubileer is. Daar is 'n platskerm-TV met Netflix geïnstalleer en gratis WiFi is ook beskikbaar. Die glasstapeldeure maak oop op die patio en swembad waar gaste op 'n warm dag kan afkoel. Veilige buiteparkeerplek is beskikbaar met balke en 'n omtrekalarm.
Die South Coast Mall en Shelly Centre is naby geleë en die Southbroom Tennisklub is ongeveer 1,5 km ver. Die Southbroom 18 putjie-gholfbaan is net 700 m weg met 'n restaurant op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Shirley Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 3 Richardson Road, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Wood Owl Cottage het ’n uitstekende ligging
Toeganklikheid
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3 Richardson Road, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang