Successfully reported
+22

Woodlands Retreat

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 14
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 493 Villiers Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Woodlands Retreat bied luukse selfsorgverblyf met kombuisies in Clarens. Dit is in 'n luisterryke tuin tussen woudagtige bome weggesteek en word deur die sandsteenberg-landskap waarvoor Clarens so bekend is omring. Dié beskutte en rustige plekkie is ideaal as jy net wil rus en ontspan en dit is net 3 minute se ry of 13 minute se stap van die middel van Clarens af.

Woodlands Retreat streef daarna om 'n omgewingsvriendelike en organiese omgewing te skep, en is op pad om so selfonderhoudend as moontlik te wees en beplan om heeltemal onafhanklik in die toekoms te wees.

Woodlands Retreat bied 4 verblyf-opsies en beskik oor 4 elegante suites en 1 kothuis, naamlik Silver Pebbles, Caribbean Blue, Golden Maple Suite, Pearl Suites en die Cherry Gesins-suite. Albei suites het skoon, 100%-katoenperkallinne, hipoallergeniese meubels en 'n skoon, wit, geteëlde en suite-stort met warm water. Die Cherry Gesins-suite het skoon, wit hipoallergeniese "microfiber"-linne.

Gratis en veilige parkeerplek is op die perseel agter geslote hekke beskikbaar.

Kinders is welkom onder ouertoesig solank gaste sorg dat die kosbare ruimte in dieselfde toestand gelaat word as waarin dit gevind is. Let op: Moet asb. nie die honde, Jessie, of die hoenders pla nie. Die tuin moet ook gerespekteer word en kinders moet onder ouertoesig wees wanneer hulle rondloop.

Gaste kan gerus langs die kronkelpaadjies stap en die prag van die bome geniet terwyl hulle hul oë vir voëls en skoenlappers oophou - 'n hele paar kuier graag hier. Gaste kan ook die avonturiers sien abseil van van Platberg af.

Indien gaste hul dag of nag wil opkikker, is die hoofstraat van Clarens net 'n hanetreetjie ver. Clarens het pragtige kunsgalerye, lieflike restaurante waar gaste wyn kan drink, smullekker maaltye geniet of 'n craft-bier kan geniet. Musiekkonserte en verskeie ander doendinge kan regdeur die jaar hier aangetref word. Die middel van die week kan rustiger wees, afhangend van die tyd van die jaar.

Konferensiegeriewe is op versoek beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 147 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
June S
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, gemaklik en rustig. Baie vriendelike gasvrou wat ons bederf het met haar eie knoffelpesto! Die kamer en badkamer was skoon en netjies. Die be...
Sien meer
Sep 2025
Brenda H
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het besoek aan Clarens en verblyf by Woodlands geniet. Het lekker gebly, dankie.
Jun 2025
Christelle P
Saam met lewensmaat
5.0
Dis 'n baie aangename knus plekkie met alles wat jy kan nodig kry. Ons het lekker gebly. Moes kreatief werk met die spasie toe ons wou braai in die ko...
Sien meer
Mei 2025
Lirene C
Saam met lewensmaat
5.0
So lekker! Ons het lekker gebly! Oom Roy is baie vriendelik en deel graag advies oor Clarens. Ons was lekker naby aan die dorp, maar ook ver genoeg va...
Sien meer
Apr 2025
Mia H
5.0
Baie rustig en beslis 'n plek om te bly om jou kop skoon te maak. Was baie vriendelik en behulpsaam. Hulle gaan uit hul pad om jou verblyf so geriefli...
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Roy & Sherrene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 147

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 493 Villiers Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Woodlands Retreat het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 14
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 493 Villiers Street, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBiMzdmZmI4LTg5MTktNGFjYy1iODcyLTZlNDlkY2RlNzE3Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 147 5 1 5 493 Villiers Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.506613187793 28.419428765774
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang