Successfully reported
+26

Yellowwood Creek

Gastehuis
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 17:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lower Kologha Road, Stutterheim, 4930, Oos-Kaap
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Yellowwood Creek is aan die voet van die Amatola-bergreeks geleë. Die tuine loop af tot by die Cumakalarivier en die digte Yellowwood-woud. Die woud en omliggende omgewing is die tuiste van verskeie voëlspesies wat seisoenaal gereeld in die tuin raakgesien word, en dit sluit die Knysnaloerie en die seldsame Woudpapegaai in.

Verblyf by Yellowwood Creek word aangebied in 2 dubbelkamer-suites met badkamers en Franse deure wat na 'n veranda lei. Een van dié suites het 'n skakelkamer wat geskik is vir gesinne met kinders. Daar is ook 'n gastekothuis wat in die 19de eeu gebou is met sy eie badkamer, tussenvloer-slaaparea en balkon met panoramiese uitsigte oor die woud. Ontbyt en aandete is op versoek en teen ekstra koste beskikbaar.

Doendinge en geriewe by Yellowwood Creek sluit piekniekgeriewe, voëlkyk, voetslaanroetes en visvang in.

Yellowwood Creek is net 4 km vanaf Stutterheim en 95 km vanaf Oos-Londen met sy pragtige strande. Die prentjiemooi Andersondam en sy waterval is 'n halfuur se stap via 'n paadjie in die woud en ander pragtige roetes van verskillende lengtes na watervalle is minder as 2 km ver. Die gewilde Gubu-dam is net 'n kort entjie se ry vanaf Yellowwood Creek en het lekker visvanggeleenthede. Vir die gholfspelers is Stutterheim se buiteklub en manjifieke gholfbaan net 6,5 km ver. Suid van Stutterheim op die N6-hoofweg is Wrigglewade-dam wat seil- en baarsvang-geleenthede bied.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar
Mooi uitsig

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Carmen H
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful scenery, perfect location. Amazing. We enjoyed our stay. Everything was perfect, except the hot water in the shower was cold ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Lynelle M
Gesin met tieners
5.0
Beautiful overnight stay. Exactly as advertised. Everything we needed for an overnight stay. Wish we could have stayed longer.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Johalet G
5.0
Peace, serenity and beautiful. Yellowwood Creek was absolutely beautiful and we had a wonderful stay. The host is just lovely and I wou...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Jeanne Marie V
Besigheidsreis
5.0
Hoogs aan te beveel, uitstekende verblyf en waarde vir geld. Baie lekker gebly, alles was uitstekend.
Feb 2024
Thomas V
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie ervaring vir die begin van ons vakansie. Wonderlike plekkie, hoogs aanbeveel.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Melanie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Lower Kologha Road, Stutterheim, 4930, Oos-Kaap
  • Gaste dink Yellowwood Creek het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 750
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 750
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 17:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lower Kologha Road, Stutterheim, 4930, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ0OTAxYTAwLWFiNWItNGU3Yy1hMjIzLWU0NjBmMWQyNmY2MA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 30 5 1 5 Lower Kologha Road Stutterheim 4930 Oos-Kaap 021 201 8901 17:00-19:00 10:00 -32.5395144531 27.3933309317
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang