Zambezi Mubala Camp
- Kapasiteit: 32 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: D3508, Kalimbeza Road, Upper Zambezi River, 31 km east of Katima Mulilo, Zambezi
- Vanaf R1 970 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Zambezi Mubala Camp is op die oewer van die Zambezirivier en bied 'n asemrowende uitsig oor die rivierlandskap. Daar is slaapplek in 8 permatente wat na 'n stoep lei.
Dit is idillies tussen bome teen die water geleë en is ideaal vir natuurliefhebbers wat terselfdertyd geriewe byderhand wil hê. Dis 31 km oos van Katima Mulilo langs die B8.
Elke tent het 4 enkelbeddens met muskietnette en 'n en suite-badkamer met ‘n stort. Die kombuisie is basies toegerus vir selfsorg met ‘n opwasbak, potte, breekware, yskas en ketel. Daar is ook braaigeriewe by elke tent. Gaste kan by die kamp se restaurant eet of ‘n braaipak koop.
Daar is ook ‘n kroeg, swembad en 24 uur-sekuriteit. Hout is by ontvangs te koop en kragpunte is beskikbaar. Die kamp is ‘n paradys vir natuurliefhebbers, visvang-entoesiaste en voëlkykers. Doendinge sluit sonsondergang-riviervaarte, begeleide visvang-uitstappies en begeleide staproetes na voëlkolonies teen ekstra koste.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Gondwana
Collection ...
Eiendomme 44
Resensies 157
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- D3508, Kalimbeza Road, Upper Zambezi River, 31 km east of Katima Mulilo, Zambezi
- Gaste dink Zambezi Mubala Camp het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 32 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: D3508, Kalimbeza Road, Upper Zambezi River, 31 km east of Katima Mulilo, Zambezi
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang