Successfully reported
+10

Zandput Guest Farm

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Farm Zandput, Frankfort, 9830, Vrystaat
  • Vanaf R5 100 per nag, vir 11 mense

Beskrywing

Zandput Guest Farm is 'n selfsorghuis op 'n plaas in Frankfort, 'n rustige en idilliese omgewing buite die stadsgedruis. Hiér kan gaste ontspan en herlaai soos hulle die natuurskoon van die Vrystaat ontdek.

Die huis bied slaapplek aan 11 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed, stapelbed en 'n enkelbed, en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die aparte badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na die sitarea waar daar gemaklike rusbanke en 'n TV, asook 'n etenstafel met stoele is. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die huis bied toegang tot 'n stoep met buitemeubels en braaigeriewe. In die somer word die sementplaasdam in 'n swembad omskep. Verder is daar 'n goed versorgde grasperk waar die kinders kan rondhardloop en piekniek hou. Gaste kan ook die plaaslande verken, gaan stap, fietsry en voëlkyk.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

5

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

1 x Stapelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Verwarmer
Kombuisie
Stroomdienste
Braai
Kamerdiens

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Leoné Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Farm Zandput, Frankfort, 9830, Vrystaat
  • Gaste dink Zandput Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 100
per nag, vir 11 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 100
per nag, vir 11 mense
Vanaf
R 5 100
per nag, vir 11 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Farm Zandput, Frankfort, 9830, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb4386df45422b21c7d4b13e634548831c79e8072dc4d7d3eb3d19dfcde70ac158b81c96ba8284b06f71309d3d7fb4f8d3c0d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 100 per nag, vir 11 mense 3 5 1 5 Farm Zandput Frankfort 9830 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -27.121273468701 28.414426049002
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang