Successfully reported
+32

Zebra Farmhouse

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zebra Farm, George District, George, 6530, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 400 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Zebra Farmhouse is op 'n kommersiële plaas geleë waarop die Van der Westhuysen-gesin al vir 7 generasies boer. Dié plaas is halfpad tussen George en Oudtshoorn in die Klein-Karoo teen die Outeniekwaberge geleë. Dit is ideaal vir toeriste wat die area wil verken of vir 'n wegbreek vir 'n gesin of groep vriende.

Die plaashuis is in 1870 gebou en is ten volle toegerus. Die huis is tot sy volle eer gerestoureer met geelhoutvloere en dennehoutvensters, -deure en -plafonne. Die huis het Kaapse antieke meubels wat al vir dekades aan die familie behoort.

Die huis word as geheel uitverhuur. Die huis beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer is 'n gesinskamer en het 2 enkelbeddens, 'n skakelkamer met 2 enkelbeddens, en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die laaste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die outentieke kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitkamer het gemaklike sitplek.

Daar is 'n lieflike patio met 'n uitsig oor die plaas en daar is braaigeriewe.

Die plaas bied 'n verskeidenheid doendinge, soos varswatervisvang, voetslaan, bergfietsry en om die unieke Karoo-fauna en -flora waar te neem.

Besienswaardighede sluit die Kangogrotte, die Gamkaberg Natuurreservaat, Schoemans Poort, die Montagu-pas, The Goose Wynlandgoed, Karusa-wingerd, Herold Wines en verskeie gholflandgoedere, soos die 3 Fancourt Gholfbane, insluitend The Links by Fancourt, Montagu en Outeniekwa, en die Kingswood Gholflandgoed en George Gholfbane in. George, Mosselbaai en Knysna se Tuinroete-area is maklik bereikbaar.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

4 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Mooi uitsig
Volledige kombuis
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.1
Gaste se hoogtepunte
Helena K
Gesin met klein kinders
5.0
Vreedsaam, rustig. Baie mooi en netjiese gerestoureerde plaashuis. Ons het heerlik geslaap en gerus!
Okt 2025
Alan S
Saam met vriende
5.0
Rus lekker uit. Lekker blyplek tussen George en Oudtshoorn in. Pragtige ou plaashuis waar jy tot rus kan kom.
Mei 2025
Anja L
Saam met vriende
5.0
Magic of the Klein Karoo. A wonderful break-away in a historic home, overlooking a peaceful and beautiful Klein Karoo landscape. Large,...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Julie C
Gesin met tieners
4.6
Peaceful and relaxing. We had a lovely 5 days of fishing, relaxing and visiting various places in the area. We love this beautiful old ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Jaco C
Gesin met tieners
4.2
Heerlike rustige verblyf. Heerlike rustige verblyf. Naby aan Oudtshoorn en George. Ideaal vir wat ons wou hê.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Marisa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Zebra Farm, George District, George, 6530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Zebra Farmhouse het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Inrolstort
Ruim badkamer
Ruim slaapkamer
Badkamer sonder trappe
Slaapkamer sonder trappe
Breë gange
Vanaf
R 3 400
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 400
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 3 400
per nag, vir 8 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zebra Farm, George District, George, 6530, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc0419d00a52634dfb159a066cdea05c6004122094f8b0bd5c1e90bd75a40925200c4549e4cda155c4b81e977a527d2683ad4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 400 per nag, vir 8 mense 8 5 1 5 Zebra Farm George District 6530 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.769855 22.311045
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang